GROOTfm 90.5 Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht

Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht

Weeksdae “Vibes” is die ideale program vir ‘n bietjie lag en lekker geselskap na ‘n lang dag van werk, swot of sommer net lê en niks doen nie. Venita bring jou week se “vibe” en hou jou op hoogte van nuwe musiekvrystellings en gesels met dié opkomende kunstenaars. Daar word tong-in-die-kies verwys na allerdaagse lewenservarings wat partykeer net nie sin maak nie, en jy kry die kans om te ontspan, lekker te “chat” en na goeie musiek te luister. Die lewe is ’n gejaag, so kom ons vat dit rustig, tydens weeksdae “Vibes”!
Weekly English South Africa Music · Music Interviews
108 Episodes
80 – 100

Weeksdae Vibes Met Venita – Kabous - 17 Maart

Kabous kuier by #WeeksdaeVibesMetVenita in die ateljee om te gesels oor sy splinternuwe treffer Zamalekker—’n liedjie wat Suid-Afrikaners aanmoedig om die lekker in die lewe te vier!
17 Mar 2025 20 min

#ALT-Fokus met Venita – Nikotien - 13 Maart

Daar is ’n nuwe band wat hulle merk maak in die alternatiewe industrie! Nikotien is hierdie week se #ALT-Uitkyk, en Venita gesels met 2 van die groep se lede (Ju-Hanco en Ethan) om te hoor wat ons nog alles kan verwag van hulle af. Hulle deel ook die storie agter…
13 Mar 2025 23 min

Weeksdae Vibes met Venita – Eldon Flare - 11 Maart

Eldon Flare kom kuier op #WeeksdaeVibesMetVenita om te gesels oor sy nuutste enkelsnit, 'Rebelleer'. Hy vertel vir Venita dat 'n spontane liedjieskryfsessie in 'n kar saam met een van sy vriende gelei het tot sy eerste enkelsnit en die begin van sy musiekdroom
11 Mar 2025 20 min

#ALT-Fokus Met Venita – Carla Franco, Donderdag 6 Maart

Hierdie week op #ALT-Fokus gesels Venita met Carla Franco as deel van Wêreldgehoordag. Carla deel haar liefde vir musiek en die struikelblokke wat sy moes oorkom om haar droom te kan uitleef. As ‘n groot aktivis vir vroue in die industrie, vier sy hul talent en het ‘n spesiale boodskap…
6 Mar 2025 27 min

Weeksdae Vibes Met Venita – Mila Smith, Dinsdag 4 Maart

#WeeksdaeVibesMetVenita gesels met Mila Smith oor haar nuutste enkelsnit, Stranger. Sy deel die inspirasie agter die liedtie, hoe sy emosies in musiek omskep en waarom sy besluit het om ’n jaar breek te vat voordat sy weer musiek begin maak het.
4 Mar 2025 14 min

#ALT-Fokus met Venita – Cantrel - 27 Februarie

Cantrel is Suid-Afrika se nuutste pa-en-seun-duo wat hierdie week se #HOOF-fokus kroon dra op #ALT-Fokus. Neil en Jesse het met Venita gesels oor hulle nuwe enkelsnit 𝘞𝘢𝘭𝘭𝘴 en die storie agter hulle EP 𝘑𝘶𝘮𝘱.
27 Feb 2025 34 min

Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht - 26 Februarie

Alzanley het op #WeeksdaeVibesMetVenita kom gesels oor haar nuwe enkelsnit, Menswees. Sy deel die inspirasie agter die musiek, hoe dit 'n boodskap van eenheid en liefde in 'n verdeelde wêreld bring, en haar eerste GROOT stap vir die EP wat sy wil vrystel!
26 Feb 2025 14 min

Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht - 25 Februarie

Ayrton gesels op #WeeksdaeVibesMetVenita oor sy nuutste enkelsnit The Inner Kid In Me, en hoe hy die balans vind tussen die musiek wat hy skryf en hoe hy besluit om dit uit te beeld. Ayrton vertel wat hy beplan vir die jaar en deel ook die advies wat hy op…
25 Feb 2025 15 min

#ALT-Fokus met Venita - Christiaan Carstens, Donderdag 20 Februarie

#ALT-Fokus is ALTYD op die uitkyk vir nuwe talent, en hierdie week het Christiaan Carstens by Venita in die ateljee kom kuier. Hierdie 20-jarige het besluit om vanaf Lutzville in die Wes-Kaap na die GROOT stad te trek om sy passie vir musiek ’n loopbaan te maak, en ons is…
20 Feb 2025 30 min

Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht - Janine Fourie, 19 Februarie

Dis altyd lekker om saam met vriende en familie om ’n tafel te kuier. Dis ’n BONUS wanneer daardie kuiertjies jou musiek inspireer! Janine Fourie gesels op #WeeksdaeVibesMetVenita oor haar nuutste enkelsnit ‘All I Need’, en sy verklap dat al wat sy nodig het in die lewe is, “Son, Geluk,…
19 Feb 2025 11 min

#ALT-Fokus met Venita - Len Muller, 13 Februarie

Len Muller is #ALT-Fokus se Hoof-fokus vir die week. Venita en Len gesels oor die begin jare van sy loopbaan, en die struikelblokke wat hy moes oorkom om aan te hou in homself en sy musiek glo. Hulle gesels ook oor sy nuutste eneklsnit ‘Soos ‘n Engel’ en wat nog…
13 Feb 2025 28 min

Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht - Joseph Linley, 11 Februarie

Joseph Lineley het gesels op #WeeksdaeVibesMetVenita oor sy debuut enkelsnit I’m With You. Hy vertel van sy planne vir die toekoms en reik ’n uitnodiging uit aan Venita om deel te raak van sy ‘band’. As die van Linley vir jou bekend klink… Dan is jy 100% reg as jy…
11 Feb 2025 1 hour

Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht - Majozi, 3 Februarie

Majozi het op #WeeksdaeVibesMetVenita gesels oor sy Valentynsdag vertoning in Centurion en Venita het toe haar hulpgebied om die perfekte “show” bymekaar te sit vir hierdie spesiale dag. Ons leer meer oor Majozi se versteekte talente, en vind uit hoe hy vir die laaste 12 jaar sy plek vind in…
3 Feb 2025 27 min

Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht - Daniel John, 30 Januarie

Daniel John het ’n draai kom maak by #WeeksdaeVibesMetVenita om te gesels oor sy nuuste enkelsnit ‘On The Run’. Gedurende die gesprek het hy ook verklap dat hy sy kitaar in die kar het, en net soos wat ons Venita ken het sy mos natuurlik gemaak dat die man dit…
30 Jan 2025 28 min

Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht - Lee Cole, 27 Januarie

#WeeksdaeVibesMetVenita loer in by die talentvolle Lee Cole om te hoor van sy ervaring as een van die Suid Afrikaanse kunstenaars wat gekies is om deel te wees van Robbie Williams se konserte in SA. Hy gesels ook nuwe musiek en wat ons kan verwag vir 2025.
27 Jan 2025 7 min
80 – 100