GROOTfm 90.5 Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht

Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht

Weeksdae “Vibes” is die ideale program vir ‘n bietjie lag en lekker geselskap na ‘n lang dag van werk, swot of sommer net lê en niks doen nie. Venita bring jou week se “vibe” en hou jou op hoogte van nuwe musiekvrystellings en gesels met dié opkomende kunstenaars. Daar word tong-in-die-kies verwys na allerdaagse lewenservarings wat partykeer net nie sin maak nie, en jy kry die kans om te ontspan, lekker te “chat” en na goeie musiek te luister. Die lewe is ’n gejaag, so kom ons vat dit rustig, tydens weeksdae “Vibes”!
Weekly English South Africa Music · Music Interviews
108 Episodes
60 – 80

#WeeksdaeVibesMetVenita – Dr Lené Fouchè- 30 Mei

#WeeksdaeVibesMetVenita, maar die keer ook, saam met Charonike en Tanya de Vente Bijker het met Dr Lené Fouchè gesels oor haar sagmoedigheid en deernis, en haar betrokkenheid by Kairos die afgelope tien jaar!
29 May 2025 34 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Kairos-bestuur, Juli Maritz en Marius Lubbe 27 Mei

Kairos-bestuur, Juli Maritz en Marius Lubbe, kom gesels saam met #WeeksdaeVibesMetVenita oor die verskeie vertakkings van hul bediening - van kinders tot bejaardes - en die groot behoefte om liefde en aanvaarding wat bo alles heers. Juli en Marius beklemtoon ook die noodsaaklikheid van ‘n ondersteuningsnetwerk!
27 May 2025 28 min

#WeeksdaeVibesMetVenita – Nikki Slabbert en Juli Maritz – 26 Mei

#WeeksdaeVibesMetVenita gesels in die GROOT #GEEweek met Nikki Slabbert en Juli Maritz oor Nikkie en haar man, Dirk, se betrokkenheid by Laerskool Generaal Nicolaas Smit. Sy staan ook bekend aan die kinders as die ‘skoene-tannie’ en die ‘vleis-tannie’.
26 May 2025 26 min

#ALT-Fokus met Venita – Van Pletzen, 1 Mei

Venita sit die HOOF-fokus op Van Pletzen se nuwe akoestiese album – Om Lig Te Maak – en gesels met Peach Van Pletzen om meer uit te vind oor die die rede agter die skyf van hulle kenmerkende elektronika klanke na iets heeltemal anders en “stripped down”.
1 May 2025 25 min

Weeksdae Vibes met Venita – Wentelbaan, 30 April

WeeksdaeVibesMetVenita gesels met die duo Wentelbaan oor hul nuwe enkelsnit Hier Vir Jou — ’n kragtige, opwindende Afrikaanse ballade oor onvoorwaardelike liefde en emosionele veerkragtigheid.
30 Apr 2025 17 min

Weeksdae Vibes x Lynette Beer

Hantering van ’n Moeilike Werkgewer – Hoe om professioneel te bly terwyl jy ’n uitdagende werksverhouding bestuur.
9 Apr 2025 4 min

Country Vibes Spotlight - Post Malone - 8 April

Hierdie week in die Country Vibes kollig vertel Venita die storie van hoe Post Malone, 'n bekend Rap kunstenaar, in 2024 besluit het om die country genre aan te pak en sy eerste country album genaamd F-1 Trillion uitgereik het.
8 Apr 2025 8 min

#ALT-Fokus – Robyn Huijen – 3 April

Hierdie week se #ALT-uitkyk sit ons die kollig op die talentvolle Robyn Huijen, ‘n geoktrooieerde rekenmeester met ‘n groot musiekdroom! Sy deel die inspirasie agter haar debuutsnit With Me, en hoe sy haar eie musiek leer vervaardig het – sommer in haar spaarkamer!
3 Apr 2025 25 min

Weeksdae Vibes met Venita – Josh Klynsmith – 2 April

#Weeksdae Vibes Met Venita gesels ons met Josh Klynsmith, hy was voorheen die dromspeler van Gangs of Ballet en deel tans ‘n verhoog met Matthew Mole. Nou stap hy ‘n nuwe pad as solo-kunstenaar met sy debuutsnit, Rescue Me. Hy deel die storie agter die liedjie—van Sri Lanka tot ‘n…
2 Apr 2025 18 min

Weeksdae Vibes Met Venita – Ananya – 1 April

#WeeksdaeVibesMetVenita gesels ons met opkomende indie-pop kunstenaar Ananya oor haar nuwe liedjie, All That Glitters Ain’t Gold. Sy deel die storie agter die lied, hoe die woorde na haar toe gekom het terwyl sy in ’n vliegtuig was. Ons praat ook oor selfliefde, musiek as terapie en wat volgende kom…
1 Apr 2025 17 min

Weeksdae Vibes met Venita - 31 Maart Anton Goosen

Op #WeeksdaeVibesMetVenita gesels Anton Goosen oor sy jongste enkelsnit 'Tik Tok', wat hy vanaf sy nuutste album 'Sirkels' uitgereik het. Hy deel ook die verhaal agter nog ’n liedjie van die album, 'Luka'
31 Mar 2025 19 min

#ALT-Fokus met Venita – Miss Velvet & Esjay Jones - 20 Maart

Vir hierdie week se Hoof-Fokus gesels Venita met Miss Velvet en Esjay Jones oor die rou emosies, rock-’n-roll-gees en boodskap agter hulle nuutste enkelsnit Hallelujah. Esjay Jones is TROTS Suid-Afrikaans wat haar talente internasionaal gevat het en op die regte tyd en regte plek voor Miss Velvet se deur beland…
20 Mar 2025 22 min

Weeksdae Vibes Met Venita – Greunen Parker - 19 Maart

#WeeksdaeVibesMetVenita gesels met Greunen Parker oor sy musiekreis, sy ervaring op The Voice SA, en sy splinternuwe liedjie "Geheueloos." Van verhooghoogtepunte tot persoonlike inspirasie, Greunen het beslis die VIBES gebring
19 Mar 2025 24 min

Weeksdae Vibes Met Venita – Heidi - 18 Maart

Heidi het by #WeeksdaeVibesMetVenita ingeloer om te gesels oor haar nuwe liedjie Sê my waar's jou hart. Ons het gesels oor die balans tussen werk en gesin, die uitdagings en vreugdes van ma-wees met twee kinders, en wat die toekoms vir haar inhou
18 Mar 2025 24 min
60 – 80