OFM OFM Feesflits: Vrystaat Kunstefees 2026

OFM Feesflits: Vrystaat Kunstefees 2026

Die fees, wat van 7-11 Julie 2026 op die Universiteit van die Vrystaat-kampus in die hartjie van Bloemfontein plaasvind, bring 'n lewendige mengsel van teater, visuele kuns, musiek, letterkunde en meer bymekaar. OFM is met trots weer die klank van die kunstefees met die jongste nuus en moet-weet inligting om jou feeservaring die beste ooit te maak. Lees meer by ofm.co.za. OFM is 'n trotse mediaborg van die Vrystaat Kunstefees.
Occasionally Afrikaans South Africa Arts · Arts
31 Episodes
1 – 20

Vrystaat Kunstefees 2026: Actually

Yolanda Maartens gesels met Katelyn Forbay en die span oor Actually. In hierdie weergawe van Anna Ziegler se Actually volg die verhouding van twee universiteitstudente, Tom en Amber. Dit begin as ’n aand van pret, maar verander dan in iets vaags.
10 Jul 7 min

Vrystaat Kunstefees 2026: Waterbrief

Yolanda Maartens gesels met Mariki de Villiers-Knop en Minke Marais oor Waterbrief. ‘n Produkse waar Nina na haar tragiese verdrinking die sluier lig tussen lewe en dood om na haar familie se rou te kyk. Sy sien hoe hulle ly, baklei, liefhet en wanhopig word sonder haar teenwoordigheid.
10 Jul 6 min

Vrystaat Kunstefees 2026: Mense agter die skerms

Gedurende 2026 se Vrystaat Kunstefees, wil Yolanda Maartens graag erkenning gee aan almal wat agter die skerms ook werk. Wat daartoe bydrae dat alles met so 'n groot geleentheid vlot verloop. Mid-Morning Magic se vervaardiger Cat van der Merwe, het die feesterrein in gevaar vir die lekker gesprekke. Van OFM…
9 Jul 2 min

Vrystaat Kunstefees 2026: Jaco Jacobs

Yolanda Maartens gesels met Jaco Jacobs. Hy gesels oor sy betrokkenheid by die Vrystaat Kunstefees die jaar met “25 Jaar van Jaco Jacobs” en “Tussen tale en tekste”.
9 Jul 8 min

Vrystaat Kunstefees 2026: Jacobus Silwer

Yolanda Maartens gesels met Jacobus Silwer oor sy vertoning Kombuisliedjies, sowel as sy kuns uitstallings wat die jaar te sien is by die Vrystaat Kunstefees.
8 Jul 9 min

Vrystaat Kunstefees 2026: Lillie en die liggie-kompas

Yolanda Maartens gesels met Anke Meyer-Auld sowel as Knor en Snor, oor Lillie en die liggie-kompas. Lillie is ’n dapper dogtertjie wat in feetjies en dwergies glo en elke dag in haar tuin na hulle soek. Maar sy het ’n geheim … sy is bang vir die donker!
7 Jul 4 min

Central Media Group CEO Nick Efstathiou

OFM is again the proud media partner of the Vrystaat Arts Festival. Elzette Boucher-Kruger spoke to Central Media Group CEO Nick Efstathiou about the company’s involvement is this event…
19 Jul 2025 5 min

Isn’t it Just Divine, Ethel? at Vrystaat Arts Festival

Isn’t it Just Divine, Ethel? is an interactive mask performance exploring the world of the luminous Ethels, masked shimmering beings who desire cheekily and bask in the pleasure of limelight. Agnese Perri and Reggie Yip join Elzette Boucher-Kruger on OFM's blue festival couch.
18 Jul 2025 23 min

Sossi bring sass by Blêrkas

Die legendariese Blêrkas-verhoog sorg weer vir groot vermaak by vanjaar se Vrystaat Kunstefees en een van Bloemfontein se eie is terug op haar tuisgrond om dit aan die brand te sing. Die talentvolle sanger en TikTok-ster Sossi – oftewel Augusta Zietsman – het kom kuier op OFM se blou bank…
17 Jul 2025 4 min

Vrystaat Kunstefees ontsluit drama liefde vir nuwe geslag

Die Vrynge by die Vrystaat Kunstefees is bekend as platform vir ontluikende teaterlui en eksperimentele werk. Een van die produksies by vanjaar se fees in Bloemfontein wat groot aftrek kry is “Harte Bliksems”, ’n lawwe rom-com wat die avonture van Annamart en Andries volg op die Afrikaanse dating-app “Biltong-en-Bokkies”. Anke…
17 Jul 2025 5 min

Kaskenades vermaak die kleinspan

Het jy al ooit gewonder waarheen daai verlore sokkies verdwyn? Kan dit die magsbehepte Monsokster wees wat al die klere vir homself wil hou? Elzette Boucher-Kruger vind uit…
16 Jul 2025 4 min

Dana Snyman se "Seun" kry lewe op die planke

Nog ‘n boorling van Bloemfontein wat weer voor sy tuisgehoor speel is Wilhelm van der Walt. Hy’s te sien in Seun, ‘n aangrypende stuk gegrond op Dana Snyman se memoir. Elzette Boucher-Kruger het met hom gesels…
16 Jul 2025 4 min

Aanskou die mens met 'n geskiedkundige reis deur klank en tyd

Hoe klink ‘n reis deur tyd, waar van die belangrikste oomblike in die geskiedenis, met woord en klank vasgevang word? In “Aanskou die mens” word die orrel ingespan met ‘n byderwetse aanslag om ‘n luisterervaring te skep. Bekroonde orrelis Winand Grundling improviseer op die orrel aan die hand van stemkunstenaar…
16 Jul 2025 10 min
1 – 20