“Goeie opbrengs met goeie pryse” – NWK

Loading player...
Dit is ’n unieke jaar in terme van oesinsameling; graan is ongeveer ’n maand tot ’n maand-en-’n-half vroeër oesgereed en die tempo waarteen graan ontvang is, was ook baie vinniger as vorige jare.

Dis aldus Nico Pieterse, Senior Bestuurder Graan by NWK, wat verder meld dat ongeveer 90% van die sonneblomoes reeds gelewer is met bykans alle sojaboon wat ook gestroop is. Vyf-sewentig persent mielies is reeds by die silo’s gelewer.

OFM Inhoudsredakteur, Elzette Boucher-Krüger het met Pieterse gesels oor die verloop van die leweringseisoen.

Luister na die potgooi onder.

NWK tree hoofsaaklik op as graanhandelaar in Noordwes. Graanverhandeling spesialiseer in die verhandeling van wit- en geelmielies, sonneblom, koring, sojabone, sorghum en droëbone. Graan word van graanprodusente aangekoop deur middel van ’n verskeidenheid doelmatige kontrakte en/of skemas. Die aangekoopte graan word as verhandelbare voorraad gedra totdat dit aan ander handelaars of verwerkers verkoop word.

‘n Verskeidenheid verkoopkontrakte word aan graankopers beskikbaar gestel op ‘n ex-silo of Milldoor-basis. NWK Logistics speel 'n belangrike rol in die vervoer van graan vanaf die plase na silo's en verwerkers.

Die graan word deur NWK Silodienste ontvang, hanteer, geberg en versend. Ten einde die risiko van prysverandering te bestuur, word voorraad en kontrakte deur middel van termynkontrakte op die JSE verskans. Vir dié doel is NWK 'n lid van die JSE se landboukommoditeite-beurs.



Die graanindustrie en -mark is ’n dinamiese omgewing en Graanverhandeling bied omvattende toegang tot die mark en markinligting aan produsente ten einde hul volhoubaarheid te verseker. Kommunikasie word deur ‘n verskeidenheid platforms bestuur wat onder andere persoonlike kontak, sagtewaretoepassings en multimedia insluit.

NWK besit 36 graansilo’s in Noordwes wat dit vir produsente gerieflik maak om die aflewering, opberging en bemarking van hul graan by een plek te doen. NWK fasiliteer ’n verskeidenheid graankontrak
8 Jul 2021 12PM English South Africa Business · Daily News

Other recent episodes

WEF 2026 key takeaways for African countries

This year’s World Economic Forum (WEF) in Davos, Switzerland, underscored a simple truth: the rules-based global order as we knew it is shifting. But is this a moment of crisis or a window of opportunity particularly for African countries? International relations analyst Aaliyah Vayez unpacks the standout moments from WEF…
26 Jan 9AM 45 min

Verstaan jou regte by eiendomsveilings

Wat gebeur wanneer ’n eiendom wat op ’n veiling gekoop is, met kenmerke bemark word wat nie deel van die verkoop is nie? Ons ontleed ’n baanbrekers-uitspraak oor verbruikersbeskerming ná ’n Limpopo-egpaar ontdek het dat die dam en wild wat gebruik is om ’n wildplaas te verkoop, in werklikheid op…
22 Jan 12PM 11 min

Foot-and-mouth disease forces Bloem Show to cancel livestock showcase

The organisers of the much-anticipated Bloem Show have cancelled the livestock showcase for 2026. This is due to the ongoing outbreak of foot-and-mouth disease in South Africa. Bloem Show CEO, Elmarie Prinsloo, says that the decision was a difficult one for them to make. However, the rest of the event…
19 Jan 9AM 2 min