
#OFMDankieDonderdag - Igno van Niekerk
--:--
‘Ek het ‘n boervrou sien dans’ was die inspirerende tema van Igno van Niekerk, ‘n skrywer en passievolle fotograaf, se praatjie onlangs by ‘n boervroudag op die plaas Hondeblaf buite Petrusville in die Noord-Kaap. Hierdie samekoms was vir hom besonders omdat hy self op ‘n plaas grootgeword het en aanskou het hoe sterk sy ma was ten spyte van uitdagings.