Prof. Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat

--:--
Prof. Frikkie Maré, bekende senior landbou-ekonoom, verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die sogenaamde “kunsmatige intelligensie”. Hy verduidelik die konsep van Chat GPT en hoekom dit tans so gewild is. Die wetenskaplike formaat is baie handig vir die landbousektor en kan goed benut word. Akademiese instansies kyk skepties daarna, hoewel dit ‘n tipe gratis landbouvoorligting diens is. Die kunsmatige platforms kan egter net op bestaande data werk en kan dus nie bydra tot wetenskap nie.
7 Feb 1AM Afrikaans South Africa Business · Daily News

Other recent episodes

PM berig oor Franse entstowwe teen voëlgriep

Frankryk se Ministerie van Landbou is in afwagting van uitslae oor die inenting teen voëlgriep. Inentingsproewe is oor ‘n groot deel van Frankryk gedoen om die siekte te voorkom en te beheer. Volgens die ministerie word alles moontlik gedoen om die siekte spoedig te bekamp.
26 Mar 3PM 1 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Beide wit- en geelmielie se spotpryse het hierdie week gestabiliseer. Spotpryse kan weer styg. Sojaboonspotpryse het week-op-week ook gedaal. Sonneblomspotpryse het teruggesak hierdie week. Koringpryse, sowel as sorghum het gedaal hierdie week.
22 Mar 12AM 2 min