OFM Sakeuur 101: Die grondbeginsels van die markte
Loading player...
’n Finansiële en beleggingspesialis by Efficient Private Clients, Aubrey Larkins, verduidelik hoe die die internasionale aandelemark werk. Larkins praat ook oor die rand en verduidelik hoekom dié geldeenheid die afgelope ruk so verswak teenoor die dollar. Sy gaan ook praat oor bekommernisse oor ’n moontlike resessie. Die Reserwebank se monetêrebeleidskomitee maak Donderdag 25 Mei 2023 sy rentekoersbesluit bekend.