Nagsê Here #17

--:--
Goeie Naand,

Ons ken almal die liedjie “Wat ‘n Vriend het ons in Jesus, Hy wat in ons plek wil staan..”
Wanneer jy aan die woorde dink dan wonder jy dalk ook aan die vriende wat jy het.
Met absolute geloof weet jy dat Jesus altyd was, is en sal wees, as Vriend, Verlosser en God.
Hoe vergelykbaar is dit met vriende, mense-vriende hier op aarde?
In Spreuke 18:24 lees ons vanaand “'n Man met baie vriende word geruïneer, maar daar is 'n vriend wat sterker aanhang as 'n broer.”

Jy ken die term “mooiweersvriende”, as dit goed gaan met jou word jy omring deur vriende, wanneer mense jou nodig het word jy as ‘n vriend gereken.
Daar is so baie stories hieroor in elkeen van ons se geskiedenis, jy weet ook hoe dit voel om alleen te staan en soekend na een opregte vriend verlang. Jy voel geruïneerd, misbruik en stukkend. Selfs familie vergeet van jou.
Ons praat nie nou van vriende in terme van bankbalans, kuiers of vakansies nie, ons praat van hartsvriende.

Jy soek na God in mense, ‘n bietjie van Jesus se Liefde maar sien dit nie raak nie.
Die teks in Spreuke sê juis daar is ‘n vriend, Die Here self stuur iemand, ‘n vriend na jou toe, iemand soos Hy.

Die Here hoor jou sugtende gebed, hierdie vriend is ‘n seën wat jou sal bystaan in jou hartseer, jou verlies, jou kommer en wanhoop juis om geluk te vind.

Mag jy vanaand reeds so ‘n vriend wil wees vir iemand anders wat jy ken en ‘n ware vriend deur God gestuur ontmoet. Sy Vriendskap is dit waaraan ware vriende gemeet word.

AMEN
Nagsê Here.
19 Jun 2023 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Nagsê Here #45

Goeie Naand, Hoevele male het jy nie al gehuiwer om die regte woorde te vind nie. Selfs met gebed sukkel jy, wat is dit wat jy graag wil bid, wil vra, wil afsmeek by Die Here. Jy wil nie selfsugtig klink nie, ook nie te desperaat nie, miskien wonder jy…
27 Aug 2023 3AM 2 min

Nagsê Here #44

Goeie Naand, Die dinge of goeters wat met mens gebeur, baie keer deur eie keuses, dom keuses of onwetend laat jou nogal met hande in die hare. Hoe gaan jy deurkom, hoe gaan jy oorlewe, hoe kan jy dinge regmaak, wat moet jy antwoord en aan wie, wat moet jy…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #43

Goeie Naand, Dink jy Die Here het ‘n droom vir jou? Sou dit beter klink as die vraag is; het Die Here het gedroom en jou vir ‘n doel geskep hier op aarde? Miskien wil jy nou antwoord dat die lewe geen droom wêreld is nie, met dit gesê kan…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #42

Goeie Naand, Jy lees ook Die Bybel en soms tref verse jou net anders asof jy dan eers die werklike betekenis verstaan. Die onlangse jare het my ook deur spanningsvolle tye gebring en vrae na waarheid en opregtheid. Willens en wetens het ek ook gewaag waar engele sou huiwer, mense…
27 Aug 2023 2AM 3 min

Nagsê Here #41

Goeie Naand, Hoe lekker sal dit nie wees as almal saam kan lag en vrede hê nie? Sou jy gevra word wat hoop beteken, sal jy kan antwoord dat almal gelukkig moet wees? Kyk en luister maar na mense, feitlik almal beleef een of ander tyd mislukte verhoudings, seerkry verhoudings,…
20 Jul 2023 2AM 2 min