Nagsê Here #18

--:--
Goeie Naand,

Ek hoop dit gaan goed met jou en jou geliefdes.
Daar is soveel gebroke verhoudings, feitlik daagliks verneem ek van vriende wat baklei of kwaad is vir mekaar, mense wat vertrou is en ander in die steek gelaat het of besteel het.

Dan praat ons nie eers van huwelikke wat op die rotse land nie en die ewige twis in families tussen broers, susters of ouers nie.
In die kerk ervaar jy seerkry, in jou huis, in jou vriendekring in jou werksplek. Dit skep regtig waar ‘n gedagte dat die duiwel besig is om oorhand te kry.
Wat het geword van liefde, eensgesindheid en saamwoon in vrede? Wat het geword van ons diens en antwoord aan God met ons leefwyse en verhoudings?
Koning Dawid het baie van hierdie onmin ook ervaar, Saul wou hom doodmaak, sy eie seun Absalom ook, die volk in kampe geskeur, hoeveel keer moes hy nie vlug of wegkruip nie.

Dan skryf hy ‘n pelgrimslied in Psalm 133
“Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon!
Dit is soos reukolie wat van die kop af in die baard afloop, die baard van Aäron, af tot by die soom van sy klere. Dit is soos die dou van Hermonberg wat op die berge by Sion val.
Waar broers so saam woon, skenk die Here sy seën:
'n lang, lang lewe.”

Mag jy vanaand in jou geselsie met God jou lewe in Sy Hande plaas en vra dat jy ook die goedheid en mooiheid kan ervaar waar broers in eengesindheid saamwoon.
Mag Die Here, jou God, jou seën, om die verskil te maak tussen die gebroke mense sodat Sy liefde en vrede kan heers.
Hy het jou so, só nodig.

AMEN
Nagsê Here.
20 Jun 2023 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Nagsê Here #45

Goeie Naand, Hoevele male het jy nie al gehuiwer om die regte woorde te vind nie. Selfs met gebed sukkel jy, wat is dit wat jy graag wil bid, wil vra, wil afsmeek by Die Here. Jy wil nie selfsugtig klink nie, ook nie te desperaat nie, miskien wonder jy…
27 Aug 2023 3AM 2 min

Nagsê Here #44

Goeie Naand, Die dinge of goeters wat met mens gebeur, baie keer deur eie keuses, dom keuses of onwetend laat jou nogal met hande in die hare. Hoe gaan jy deurkom, hoe gaan jy oorlewe, hoe kan jy dinge regmaak, wat moet jy antwoord en aan wie, wat moet jy…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #43

Goeie Naand, Dink jy Die Here het ‘n droom vir jou? Sou dit beter klink as die vraag is; het Die Here het gedroom en jou vir ‘n doel geskep hier op aarde? Miskien wil jy nou antwoord dat die lewe geen droom wêreld is nie, met dit gesê kan…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #42

Goeie Naand, Jy lees ook Die Bybel en soms tref verse jou net anders asof jy dan eers die werklike betekenis verstaan. Die onlangse jare het my ook deur spanningsvolle tye gebring en vrae na waarheid en opregtheid. Willens en wetens het ek ook gewaag waar engele sou huiwer, mense…
27 Aug 2023 2AM 3 min

Nagsê Here #41

Goeie Naand, Hoe lekker sal dit nie wees as almal saam kan lag en vrede hê nie? Sou jy gevra word wat hoop beteken, sal jy kan antwoord dat almal gelukkig moet wees? Kyk en luister maar na mense, feitlik almal beleef een of ander tyd mislukte verhoudings, seerkry verhoudings,…
20 Jul 2023 2AM 2 min