Nagsê Here #20

--:--
Goeie Naand,

Het jy al gewonder waarom jy is, waar jy is? Hoeveel van ons mense het nie kinders of familie oorsee nie, in ‘n ver vreemde land, hoeveel van hulle verlang nie terug nie.
Elkeen se wens is “As dit maar anders kon”.
Tog pas ons almal aan, soos met die omgewing, die klimaat, tye, kulture, vriende, humor, leefwyse en reëls. Niks verander waar jy jouself, nou bevind nie. Net jy kan jou emosies, verlange en wense verwoord. Waar jy nou is, is waar jy jouself bevind, niemand kan dit verander nie. Woorde van “Vaderland” en “Moeder aarde” of “Moedertaal” en “Familie” voel dalk vir jou soos ‘n sug in die wind. Moet seblief nie dink dat jy jouself in ‘n tronk bevind nie.

In Matheus 10 stuur Jesus 12 apostels uit na die Wêreld daarbuite. Dan sê Hy “Onthou: Ek stuur julle soos skape tussen wolwe in. Wees dus versigtig soos slange en opreg soos duiwe.” Jy word ook deur Jesus geroep om waar jy, jou bevind jou oomblik gebruik om aan Hom as Here en Verlosser dank te betuig. Wanneer jy die antwoord soek op waarom jy is, waar jy is dan hoor ons weer sy woorde dat Hy jou gestuur het, maak daarom die verskil waar jy is, want Hy sê in vers 26 “Moet dus nie vir mense bang wees nie. Daar is niks bedek wat nie openbaar gemaak sal word nie, en niks geheim wat nie bekend sal word nie. Wat Ek vir julle in die donker sê, moet julle in die daglig sê, en wat in julle oor gefluister word, moet julle van die dakke af uitbasuin.”

Daar is een taal wat regoor die skepping verstaan word en dis die taal van liefde, jy sê dit met jou oë, jou glimlag, jou houding, jou aanvaarding met woord en daad.
Dit is die antwoord wat jou Skepper jou gee “Moenie vra waar jy is nie maar waarom jy is, waar jy is”.

Leef en spreek Sy liefde wat in jou oor gefluister word en verkondig dit van dakke af.
Dit kos een oproep, een wat sê “Lief vir jou, mis vir jou”.

AMEN

Nagsê Here.
22 Jun 2023 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Nagsê Here #45

Goeie Naand, Hoevele male het jy nie al gehuiwer om die regte woorde te vind nie. Selfs met gebed sukkel jy, wat is dit wat jy graag wil bid, wil vra, wil afsmeek by Die Here. Jy wil nie selfsugtig klink nie, ook nie te desperaat nie, miskien wonder jy…
27 Aug 2023 3AM 2 min

Nagsê Here #44

Goeie Naand, Die dinge of goeters wat met mens gebeur, baie keer deur eie keuses, dom keuses of onwetend laat jou nogal met hande in die hare. Hoe gaan jy deurkom, hoe gaan jy oorlewe, hoe kan jy dinge regmaak, wat moet jy antwoord en aan wie, wat moet jy…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #43

Goeie Naand, Dink jy Die Here het ‘n droom vir jou? Sou dit beter klink as die vraag is; het Die Here het gedroom en jou vir ‘n doel geskep hier op aarde? Miskien wil jy nou antwoord dat die lewe geen droom wêreld is nie, met dit gesê kan…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #42

Goeie Naand, Jy lees ook Die Bybel en soms tref verse jou net anders asof jy dan eers die werklike betekenis verstaan. Die onlangse jare het my ook deur spanningsvolle tye gebring en vrae na waarheid en opregtheid. Willens en wetens het ek ook gewaag waar engele sou huiwer, mense…
27 Aug 2023 2AM 3 min

Nagsê Here #41

Goeie Naand, Hoe lekker sal dit nie wees as almal saam kan lag en vrede hê nie? Sou jy gevra word wat hoop beteken, sal jy kan antwoord dat almal gelukkig moet wees? Kyk en luister maar na mense, feitlik almal beleef een of ander tyd mislukte verhoudings, seerkry verhoudings,…
20 Jul 2023 2AM 2 min