Nagsê Here #25
--:--
Goeie Naand,
Ek bid dat dit goed gaan met jou vanaand. Ons gesels weer oor geloof.
Geloof in God is een waarheid maar volharding in geloof, absolute geloof, is iets heeltemal anders. Dink maar aan jou eie lewe, hoe jou geloof getoets, beproef, gelouter en selfs uitgedaag word, elke dag. Jy bevind jou in hierdie wêreld, in ‘n land, op ‘n plek en besef dat die reëls, die wette, die strukture, die omstandighede, jou vervreemd laat voel. Dit is anders as wat jy met jou geloof verwag.
Gisteraand het ons gelees van Nataneal, van wie Jesus gesê het “Hier is waarlik 'n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.” Ook Nataneal het Die Verlosser verwag wat hulle kon bevry van die Romeinse oorheersing maar nie iemand, uit Nasaret nie. Jesus het ook aan hom gesê dat hy nog groter dinge sal sien en Nataneal het. Hy het wonders gesien wat Jesus doen, maar die Romeine is steeds in beheer van die land en die volk Israel.
In Lukas 7 lees ons die verhaal, Nataneal was waarskynlik teenwoordig, van die Romeinse offisier wie se slaaf siek was, hy het Jode na Jesus gestuur om te kom en die slaaf te genees. Inteendeel het hy later gesê “Spreek net ‘n woord en my slaaf sal genees word.” Dit van ‘n ongelowige.
Kan jy die toets van geloof hoor? Hoe kan die Redder ons vyand help, hoe werk God dan nou? Dan sê Jesus nog in vers 9 “Ek sê vir julle: In Israel het Ek nie so 'n groot geloof teëgekom nie.”
Vanaand sit jy dalk alleen, of in ‘n vreemde plek, jou emosies en geloof ry wipplank, jy het nie antwoorde nie en wonder hoekom laat God sekere dinge toe.
Mag jy vanaand volharding in geloof ervaar want Jesus is as Redder gestuur om ‘n Koninkryk van God binne in jou te vestig waar Hy kan heers. Jou geloofsdaad sal dan wees ‘Spreek Heer, ek luister’. Dit verander nie omstandighede nie maar dit sal jou verander.
AMEN
Nagsê Here.