Nagsê Here #26

--:--
Goeie Naand,

Ons lewe in ‘n ongekende tog lekker tyd, met tegnologie, internet, selfone, rekenaars, motors, vliegtuie, elektriesieteit, omheinings, gereedskap en wat ookal.
Gestel dit val alles weg. Wat gaan jy doen of wees? Dawid het as skaapwagter in so ‘n tyd geleef en die mooiste en bekendste Psalm geskryf.

Die Here is my Herder, Psalm 23.

Ons fokus vanaand net op vers 4 omdat dit soveel betekenis aan ons lewens vandag het.

“Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: U stok en U staf dié vertroos my.”

Die doodskaduwee is nie die dood of afsterwe nie, die doodskaduwee waarna hy verwys is gevare, rowers of wilde diere, hy het nie ‘n selfoon, wapen of GPS gehad nie. Tussen klowe, rotse en stormriviere het hy die skape gelei terwyl hyself voorstap, die omgewing dophou, altyd paraat.

Ons beleef daardie oomblikke van doodskaduwee elke dag, in jou motor oppad na waar jy moet wees, in vliegritte, storms op die water terwyl jy in ‘n boot is, in hospitaal met siektes, die lewe met kanker gewasse, rowers wat deur jou sekuriteit heinings en kameras beweeg, oorloë, en mense wat jou seermaak. Nogtans sê hy dat die Here ons daardeur dra, hy vrees geen onheil nie want Die Here het die regte wapen en toerusting.

Die wapen was ‘n stok, ‘n tipiese knopkierie, in Sy hand kan dit gebruik word vir naby gevegte of akkuraat gegooi word op ‘n afstand, so word die bose van jou weggehou.
Die staf, meer as 3 meter lank, met geboë hoek, is gebruik om die wat wegdwaal, wat vasgevang is in ‘n doringbos, te diep in die water gaan of in ‘n gat beland uit te help.

Mag jy vanaand besef dat jy jou Herder het wat jou beskerm. Deur doodskaduwees hier op aarde lei Hy jou na die Ewige Lewe waar daar geen onheil te vrees is nie.
Hy, Die Here, as jou Herder, stap voor jou uit, soek jou as jy verdwaald is, red jou uit die doringbosse wat jou vasvang en lei jou deur gevare en angsbevange oomblikke.

Geniet jou lewe, leef jou lewe van sekondes, Die Herder lei jou, jy het niks om te vrees nie.

AMEN

Nagsê Here
28 Jun 2023 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Nagsê Here #45

Goeie Naand, Hoevele male het jy nie al gehuiwer om die regte woorde te vind nie. Selfs met gebed sukkel jy, wat is dit wat jy graag wil bid, wil vra, wil afsmeek by Die Here. Jy wil nie selfsugtig klink nie, ook nie te desperaat nie, miskien wonder jy…
27 Aug 2023 3AM 2 min

Nagsê Here #44

Goeie Naand, Die dinge of goeters wat met mens gebeur, baie keer deur eie keuses, dom keuses of onwetend laat jou nogal met hande in die hare. Hoe gaan jy deurkom, hoe gaan jy oorlewe, hoe kan jy dinge regmaak, wat moet jy antwoord en aan wie, wat moet jy…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #43

Goeie Naand, Dink jy Die Here het ‘n droom vir jou? Sou dit beter klink as die vraag is; het Die Here het gedroom en jou vir ‘n doel geskep hier op aarde? Miskien wil jy nou antwoord dat die lewe geen droom wêreld is nie, met dit gesê kan…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #42

Goeie Naand, Jy lees ook Die Bybel en soms tref verse jou net anders asof jy dan eers die werklike betekenis verstaan. Die onlangse jare het my ook deur spanningsvolle tye gebring en vrae na waarheid en opregtheid. Willens en wetens het ek ook gewaag waar engele sou huiwer, mense…
27 Aug 2023 2AM 3 min

Nagsê Here #41

Goeie Naand, Hoe lekker sal dit nie wees as almal saam kan lag en vrede hê nie? Sou jy gevra word wat hoop beteken, sal jy kan antwoord dat almal gelukkig moet wees? Kyk en luister maar na mense, feitlik almal beleef een of ander tyd mislukte verhoudings, seerkry verhoudings,…
20 Jul 2023 2AM 2 min