Nagsê Here #27

--:--
Goeie Naand,

Het jy al aande net rondgerol, slaap het jou vergeet. Daar is al baie studies gedoen, sielkundige oorsake geformuleer, mediese oorsake gevind en dan natuurlik ook jou eie lewensstyl waaroor jy beskik wat slaaploosheid veroorsaak.

Vanaand moet jy fokus op die rus wat jy nodig het.Jou geloof bied jou die rus, wat verby is, is verby, dit hoort in die gister lêer. Job het gesê in hoofstuk 7 vers 4 “As ek gaan slaap, dink ek: wanneer kan ek opstaan? Maar die nag sleep stadig verby
en ek rol rusteloos rond tot dagbreek toe.” Jy kan Job se omstandigheid verstaan, hy het alles verloor, sy kinders, eiendom, geld en gesondheid.

Dit was nie depressie nie, sy slaaploosheid was uit pyn, hartseer en verlange, die onbeantwoorde vrae van ‘Hoekom’. Dan lees ons ook Dawid se verhaal toe hy van sy eie seun Absalom gevlug het Ps 3 “Maar U, Here, beskerm my aan alle kante, U herstel my eer en aansien. As ek na die Here roep, antwoord Hy my van sy heilige berg af. As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my.”

Dawid sê dat hy goed slaap, wetend in ‘n onbewaakte oomblik van nagrus kan hy oorrompel word. Hy vra nie ‘Hoekom’ nie. Wanneer hy wakker word voel hy goed want hy glo Die Here sorg vir hom omdat hy Die Here gevra het om hom te beskerm, sy eer en aansien te herstel. Jy kan ook met jou geloof en eie geestelike vermoë jou dag met ‘n lied in jou hart begin, Die Here verskaf positiewe krag in jou.

Mag jy vanaand weet dat Die Here jou verlede skoon gevee het, dit wat jou pla wegneem en dat Hy jou in jou nagrus versterk om met ‘n opgewondenheid more in te wag om in Sy diens te staan. Mag jy goed slaap want Die Here sorg ook vir jou in Sy liefde en mag Hy al jou gebedes, saans en soggens beantwoord.

AMEN

Nagsê Here.
29 Jun 2023 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Nagsê Here #45

Goeie Naand, Hoevele male het jy nie al gehuiwer om die regte woorde te vind nie. Selfs met gebed sukkel jy, wat is dit wat jy graag wil bid, wil vra, wil afsmeek by Die Here. Jy wil nie selfsugtig klink nie, ook nie te desperaat nie, miskien wonder jy…
27 Aug 2023 3AM 2 min

Nagsê Here #44

Goeie Naand, Die dinge of goeters wat met mens gebeur, baie keer deur eie keuses, dom keuses of onwetend laat jou nogal met hande in die hare. Hoe gaan jy deurkom, hoe gaan jy oorlewe, hoe kan jy dinge regmaak, wat moet jy antwoord en aan wie, wat moet jy…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #43

Goeie Naand, Dink jy Die Here het ‘n droom vir jou? Sou dit beter klink as die vraag is; het Die Here het gedroom en jou vir ‘n doel geskep hier op aarde? Miskien wil jy nou antwoord dat die lewe geen droom wêreld is nie, met dit gesê kan…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #42

Goeie Naand, Jy lees ook Die Bybel en soms tref verse jou net anders asof jy dan eers die werklike betekenis verstaan. Die onlangse jare het my ook deur spanningsvolle tye gebring en vrae na waarheid en opregtheid. Willens en wetens het ek ook gewaag waar engele sou huiwer, mense…
27 Aug 2023 2AM 3 min

Nagsê Here #41

Goeie Naand, Hoe lekker sal dit nie wees as almal saam kan lag en vrede hê nie? Sou jy gevra word wat hoop beteken, sal jy kan antwoord dat almal gelukkig moet wees? Kyk en luister maar na mense, feitlik almal beleef een of ander tyd mislukte verhoudings, seerkry verhoudings,…
20 Jul 2023 2AM 2 min