Nagsê Here #28

--:--
Goeie Naand,

Wat dink jy is daar wat jy het om vir Die Here te gee wat Hom gelukkig, tevrede en dankbaar sal maak? Dis ‘n moeilike vraag, want dit behels jou totale mens bestaan.
Antwoorde van liefdadigheid, betrokkenheid by geloof instansies, weerhouding van verderflike dinge in die lewe, geen kwaadspraak, opvoeding van kinders, gebeds toewyding en diesulkes is dalk ‘n lewe aan God gewy. Sal jy met al die goudstawe in die wêreld jou hiernamaals kan verseker? Selfs dit is plaveisel stene in Die Hemel.
In Hebreërs 11:6 lees ons “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is (Werklik bestaan) en 'n Beloner is van die wat Hom soek.”

Wat Die Here wil hê is jou opregte geloof in Hom en dat jy na Hom soek.
Met hierdie geloofslewe en soeke is Hy Die Een wat jou beloon, dit beteken eenvoudig dat jou leefwyse van God moet getuig, waar jy is met dit wat jy doen en sê. Hy is Die Beloner, jou Werkgewer, jou Lewensredder.

Dit laat my dink aan die teks in Lukas 10 “Op hulle reis het Jesus in ’n dorp gekom waar ’n vrou, Marta, Hom as gas ontvang het. Sy het ’n suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het. Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: “Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!” Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie”

Mag jy vanaand ook in jou binneste vir die Here jou hart oopmaak en bid “Here ek glo onvoorwaardelik dat U bestaan, ek soek na U met my hele hart, laat my die beste deel kies, die deel wat luister na wat U vir my wil sê, want dit kan my nie ontneem word nie”

AMEN

Nagsê Here.
30 Jun 2023 3AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Nagsê Here #45

Goeie Naand, Hoevele male het jy nie al gehuiwer om die regte woorde te vind nie. Selfs met gebed sukkel jy, wat is dit wat jy graag wil bid, wil vra, wil afsmeek by Die Here. Jy wil nie selfsugtig klink nie, ook nie te desperaat nie, miskien wonder jy…
27 Aug 2023 3AM 2 min

Nagsê Here #44

Goeie Naand, Die dinge of goeters wat met mens gebeur, baie keer deur eie keuses, dom keuses of onwetend laat jou nogal met hande in die hare. Hoe gaan jy deurkom, hoe gaan jy oorlewe, hoe kan jy dinge regmaak, wat moet jy antwoord en aan wie, wat moet jy…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #43

Goeie Naand, Dink jy Die Here het ‘n droom vir jou? Sou dit beter klink as die vraag is; het Die Here het gedroom en jou vir ‘n doel geskep hier op aarde? Miskien wil jy nou antwoord dat die lewe geen droom wêreld is nie, met dit gesê kan…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #42

Goeie Naand, Jy lees ook Die Bybel en soms tref verse jou net anders asof jy dan eers die werklike betekenis verstaan. Die onlangse jare het my ook deur spanningsvolle tye gebring en vrae na waarheid en opregtheid. Willens en wetens het ek ook gewaag waar engele sou huiwer, mense…
27 Aug 2023 2AM 3 min

Nagsê Here #41

Goeie Naand, Hoe lekker sal dit nie wees as almal saam kan lag en vrede hê nie? Sou jy gevra word wat hoop beteken, sal jy kan antwoord dat almal gelukkig moet wees? Kyk en luister maar na mense, feitlik almal beleef een of ander tyd mislukte verhoudings, seerkry verhoudings,…
20 Jul 2023 2AM 2 min