Nagsê Here #30

--:--
Goeie Naand,
Vanaand in jou gedagte terwyl jy luister moet jy ‘n prentjie van jouself vorm. Geen lelike pentjie nie, groot seblief. Jou prentjie is waar jy sit by ‘n restaurant tafel en ‘n liedjie waarvan jy hou, speel. Voor jy jouself kan keer begin jou voete die ritme volg. Partykeer bring jy jou hande na mekaar en jou skouers beweeg met die ritme saam. Jy voel jy wil opstaan en heupe wikkel maar die mense sal jou snaaks aankyk, dis sosiaal onaanvaarbaar.

Maak nou nie saak nie maar daardie oomblik geniet jy die tydjie jou gegun. Jy reageer soos Baloo, die beer in die animasie fliek, Jungle Book van Walt Disney toe king Louis die orangoetang en sy groep Mowgli gevang het en op die tromme gespeel het. Die liedjie se naam was “I wanna be like you”.

As musiek en ‘n vrolike prentjie jou oomblik opkikker en sommer net jou gedagtes weglei na mooi dinge, soveel meer kan mooi gedagtes oor jou Skepper en Here vir jou beteken. Wanneer troebeltye jou oorval, wanneer jou gedagtes jou anker in smart, wanneer jou verlede jou vasgeketting laat voel en wanneer onsekerheid jou laat twyfel, dink aan die mooi dinge wat Die Here jou beloof.

Die profeet Nahum het saam met die volk in moeilike, haglike tye geleef, onder oorheersing en hy sê in 1:7, “Die Here is goed, 'n toevlug in die dag van benoudheid, en Hy ken die wat by Hom skuil.” Mag jy vanaand die ritmiese uitnodiging hoor wat Die Here bied na Sy veilige toevlug vir jou, Hy ken jou, Hy weet wat laat jou dans van vreugde, daarom word jy uitgenooi.

Die Here bied vir jou skuiling in jou gemoed en vir jou toekoms, sou jy sê “I wanna be like You” sal Hy sê “Wees heilig want Ek is Heilig” en jy voel sommer net tuis.

AMEN

Nagsê Here.
3 Jul 2023 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Nagsê Here #45

Goeie Naand, Hoevele male het jy nie al gehuiwer om die regte woorde te vind nie. Selfs met gebed sukkel jy, wat is dit wat jy graag wil bid, wil vra, wil afsmeek by Die Here. Jy wil nie selfsugtig klink nie, ook nie te desperaat nie, miskien wonder jy…
27 Aug 2023 3AM 2 min

Nagsê Here #44

Goeie Naand, Die dinge of goeters wat met mens gebeur, baie keer deur eie keuses, dom keuses of onwetend laat jou nogal met hande in die hare. Hoe gaan jy deurkom, hoe gaan jy oorlewe, hoe kan jy dinge regmaak, wat moet jy antwoord en aan wie, wat moet jy…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #43

Goeie Naand, Dink jy Die Here het ‘n droom vir jou? Sou dit beter klink as die vraag is; het Die Here het gedroom en jou vir ‘n doel geskep hier op aarde? Miskien wil jy nou antwoord dat die lewe geen droom wêreld is nie, met dit gesê kan…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #42

Goeie Naand, Jy lees ook Die Bybel en soms tref verse jou net anders asof jy dan eers die werklike betekenis verstaan. Die onlangse jare het my ook deur spanningsvolle tye gebring en vrae na waarheid en opregtheid. Willens en wetens het ek ook gewaag waar engele sou huiwer, mense…
27 Aug 2023 2AM 3 min

Nagsê Here #41

Goeie Naand, Hoe lekker sal dit nie wees as almal saam kan lag en vrede hê nie? Sou jy gevra word wat hoop beteken, sal jy kan antwoord dat almal gelukkig moet wees? Kyk en luister maar na mense, feitlik almal beleef een of ander tyd mislukte verhoudings, seerkry verhoudings,…
20 Jul 2023 2AM 2 min