Nagsê Here #31

--:--
Goeie Naand,

Tyd gaan vining verby, soms te stadig en parykeer is dit asof tyd net gaan stilstaan het. Elke dag skep sy eie geskiedenis en saans wanneer jy in die bed klim het jy reeds die geskiedenis van die onlangse ure deurleef en ervaar. Jy was of deel van ‘n ‘memory’ of jy het een gemaak in iemand anders se lewe.

Kan jy onthou hoe jy opgetree het en wat jy alles gesê het, wie geluister het en wie iets kon raaksien? As jy nie iets doen nie is dit so maklik om jouself te vervreem van die mense om jou, verveeldheid begin die oorhand kry en jy vereensaam jouself net met gedagtes van wat was. Gestel iemand het jou dopgehou en hy nooi jou uit na ‘n eksotiese eiland, privaat vliegtuig, alles word betaal, jy moet net opdaag en soveel saamnooi as wat jy kan. Tyd word dan ‘n avontuur, dit oorheers jou sekondes en gesprekke.

In die wêreld waarin ons leef en skaars ons bure ken, sal dit nogals ‘n opgewondenheid kan skep. Dit is presies wat Joël sê Die Here doen, “Maar nou sê die Here: Kom met julle hele hart terug na My toe, vas, huil en treur! Skeur julle harte, nie julle klere nie. Kom terug na die Here julle God toe: Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol liefde. Hy is bereid om straf te herroep.”

Om klere reg te maak is maklik, of mens gebruik die stukke vir stoflappe, maar ‘n geskeurde hart kan net Die Here regmaak. Hy nooi jou uit na Hom toe, met Sy genade, barmhartigheid en liefde help Hy jou met Sy helende Hande. Hy het reeds jou hart raakgesien, wie jy is en wat jy kan doen!

Hoor jy Sy uitnodiging en sal jy opdaag vir ‘n ongelooflike ervaring wat jou besig sal hou in en vir Sy Koninkryk?

Die uitnodiging word aan jou gebied.

AMEN

Nagsê Here.
4 Jul 2023 7AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Nagsê Here #45

Goeie Naand, Hoevele male het jy nie al gehuiwer om die regte woorde te vind nie. Selfs met gebed sukkel jy, wat is dit wat jy graag wil bid, wil vra, wil afsmeek by Die Here. Jy wil nie selfsugtig klink nie, ook nie te desperaat nie, miskien wonder jy…
27 Aug 2023 3AM 2 min

Nagsê Here #44

Goeie Naand, Die dinge of goeters wat met mens gebeur, baie keer deur eie keuses, dom keuses of onwetend laat jou nogal met hande in die hare. Hoe gaan jy deurkom, hoe gaan jy oorlewe, hoe kan jy dinge regmaak, wat moet jy antwoord en aan wie, wat moet jy…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #43

Goeie Naand, Dink jy Die Here het ‘n droom vir jou? Sou dit beter klink as die vraag is; het Die Here het gedroom en jou vir ‘n doel geskep hier op aarde? Miskien wil jy nou antwoord dat die lewe geen droom wêreld is nie, met dit gesê kan…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #42

Goeie Naand, Jy lees ook Die Bybel en soms tref verse jou net anders asof jy dan eers die werklike betekenis verstaan. Die onlangse jare het my ook deur spanningsvolle tye gebring en vrae na waarheid en opregtheid. Willens en wetens het ek ook gewaag waar engele sou huiwer, mense…
27 Aug 2023 2AM 3 min

Nagsê Here #41

Goeie Naand, Hoe lekker sal dit nie wees as almal saam kan lag en vrede hê nie? Sou jy gevra word wat hoop beteken, sal jy kan antwoord dat almal gelukkig moet wees? Kyk en luister maar na mense, feitlik almal beleef een of ander tyd mislukte verhoudings, seerkry verhoudings,…
20 Jul 2023 2AM 2 min