Nagsê Here #32

--:--
Goeie Naand,

Baie keer word die vraag gevra “Wat sou jy anders gedoen het of wat is jou planne?” Niks is daar wat versekering bied dat dit suksesvol sou gewees het nie. Ons lees Mattheus 16:24-26 van Jesus wat verduidelik wat die lewe beteken. “Toe sê Jesus vir sy dissipels: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry. Wat sal dit 'n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor, of wat sal 'n mens gee in ruil vir sy lewe?”

Wat sal jy gee in ruil vir jou lewe, jou behoud, jou waarde en doel, jou betekenis vir die mense om jou wat jou liefhet? Anders gestel “Wat beteken jy, met dit wat jy het, gaan alles oor wins wat jy kan opbou?” Jyself kan die vrae antwoord in jou stille gesprek met Die Here. Vanaand sluit ons af met ‘n storie wat ek lank gelede gelees het.

Die verhaal is van ‘n boetie en sussie. Die boetie het gely aan ‘n seldsame bloedsiekte. ‘n Bloedoortapping was nodig. Die ouers is getoets en ander ook, die sussie se bloed is wat aanvaarbaar sou wees vir haar boetie. Die ouers en dokters het mooi met haar gepraat. Sonder huiwering, vrees, trane van seerkry of die waarom dit nodig was, het sy gedweë ingestem.

Met die dag van die oortapping het sy langs haar boetie in ‘n hospitaal bedjie gelê en net gevra of sy hom kan groet. Haar groet was met trane, dat hy mooi na pappa en mamma sal kyk, ‘n goeie mens sal word en geluk vind in die toekoms. Met dit omgedraai, pappa en mamma ‘n drukkie gegee en gesê sy is lief vir hulle en weer in haar bedjie geklim. Verstom het die ouers en dokters dit aangehoor en wou weet hoekom sy dit gesê het en so opgetree het? Haar antwoord was, dat, as sy haar bloed vir boetie gaan gee sodat hy kan lewe, dan sal sy nie meer saam kan lewe nie. Sy wou net groet.

Kan jy jouself die emosies voorstel waarmee die ouers moes verduidelik, hulle gaan nie al haar bloed gebruik nie, sy gaan net genoeg gee sodat boetie gehelp kan word. Sy gaan lewe, hulle wou haar nie doodhê omdat hulle boetie bo haar verkies nie. So werk ons Here ook. Onbaatsugtig het Hy ons die Ewige Lewe gegee. Wat sal jy in ruil gee vir jou lewe?

AMEN

Nagsê Here.
5 Jul 2023 7AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Nagsê Here #45

Goeie Naand, Hoevele male het jy nie al gehuiwer om die regte woorde te vind nie. Selfs met gebed sukkel jy, wat is dit wat jy graag wil bid, wil vra, wil afsmeek by Die Here. Jy wil nie selfsugtig klink nie, ook nie te desperaat nie, miskien wonder jy…
27 Aug 2023 3AM 2 min

Nagsê Here #44

Goeie Naand, Die dinge of goeters wat met mens gebeur, baie keer deur eie keuses, dom keuses of onwetend laat jou nogal met hande in die hare. Hoe gaan jy deurkom, hoe gaan jy oorlewe, hoe kan jy dinge regmaak, wat moet jy antwoord en aan wie, wat moet jy…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #43

Goeie Naand, Dink jy Die Here het ‘n droom vir jou? Sou dit beter klink as die vraag is; het Die Here het gedroom en jou vir ‘n doel geskep hier op aarde? Miskien wil jy nou antwoord dat die lewe geen droom wêreld is nie, met dit gesê kan…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #42

Goeie Naand, Jy lees ook Die Bybel en soms tref verse jou net anders asof jy dan eers die werklike betekenis verstaan. Die onlangse jare het my ook deur spanningsvolle tye gebring en vrae na waarheid en opregtheid. Willens en wetens het ek ook gewaag waar engele sou huiwer, mense…
27 Aug 2023 2AM 3 min

Nagsê Here #41

Goeie Naand, Hoe lekker sal dit nie wees as almal saam kan lag en vrede hê nie? Sou jy gevra word wat hoop beteken, sal jy kan antwoord dat almal gelukkig moet wees? Kyk en luister maar na mense, feitlik almal beleef een of ander tyd mislukte verhoudings, seerkry verhoudings,…
20 Jul 2023 2AM 2 min