Nagsê Here #33

--:--
Goeie Naand,

Ons bid almal saam vir jou en vir mekaar, dat dit goed gaan met jou en jou geliefdes.
Vanaand vertel ons weer ‘n storie, ‘n ware verhaal, bietjie aangepas, van ‘n baie ryk man. Hy het baie besighede gehad, goedgekeur deur die staat, hy het ook onregverdig baie wins gemaak, uit sy eie mense uit. Hy het geld uitgeleen teen ‘n belaglike wins, hy het sy eie mense verkla by SARS en die polisie. Hy het baie kontakte gehad by invloedryke mense in die regering en toutjies getrek oral waar hy kon. Jy sou ook ‘n afsku in so ‘n persoon ontwikkel het.

Die man het van Jesus gehoor, hy wou so graag ‘n ervaring beleef waar Hy Jesus net kon sien iets doen of hoor wat Hy sê. Om tussen volgelinge te beland, hulle vir wie hy ingedoen het, was gevaarlik en boonop was hy kort en niemand sal hom vorentoe laat beweeg nie. Hy klim toe in ‘n wilde vy boom net om Jesus te kon sien. Sy naam was Saggéüs. Lukas 19:1-10.

En toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sien hom en sê vir hom: Saggéüs, maak gou en klim af, want Ek moet vandag in jou huis bly. Hy maak toe gou en klim af en het Hom met blydskap ontvang. En toe almal dit sien, het hulle gemurmureer en gesê: Hy het by 'n sondige man tuisgegaan. Maar Saggéüs het gaan staan en aan die Here gesê: Here, kyk, die helfte van my goed gee ek vir die armes; en as ek van iemand iets afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug.

Toe sê Jesus aan hom: Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom, aangesien hierdie man ook 'n seun van Abraham is. Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.” Vanaand word nie gevra hoeveel jy het nie, ook nie wat jy kan teruggee nie maar hoe jy na Christus Jesus soek?

Hy sien jou raak, Hy wil by jou tuiskom, ongeag wat die mense sê en dink, die labels wat mense so maklik plak op ander. Die Here se liefde is anders, Hy soek om te red, Hy vind die verlorenes, by hulle vind Hy Sy tuiste.

Mag jy vanaand vir Hom ‘n tuiste wees, waar jy bly, wie jy is, soos jy is. Met Sy redding verander jy die wêreld rondom jou.

AMEN

Nagsê Here
6 Jul 2023 7AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Nagsê Here #45

Goeie Naand, Hoevele male het jy nie al gehuiwer om die regte woorde te vind nie. Selfs met gebed sukkel jy, wat is dit wat jy graag wil bid, wil vra, wil afsmeek by Die Here. Jy wil nie selfsugtig klink nie, ook nie te desperaat nie, miskien wonder jy…
27 Aug 2023 3AM 2 min

Nagsê Here #44

Goeie Naand, Die dinge of goeters wat met mens gebeur, baie keer deur eie keuses, dom keuses of onwetend laat jou nogal met hande in die hare. Hoe gaan jy deurkom, hoe gaan jy oorlewe, hoe kan jy dinge regmaak, wat moet jy antwoord en aan wie, wat moet jy…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #43

Goeie Naand, Dink jy Die Here het ‘n droom vir jou? Sou dit beter klink as die vraag is; het Die Here het gedroom en jou vir ‘n doel geskep hier op aarde? Miskien wil jy nou antwoord dat die lewe geen droom wêreld is nie, met dit gesê kan…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #42

Goeie Naand, Jy lees ook Die Bybel en soms tref verse jou net anders asof jy dan eers die werklike betekenis verstaan. Die onlangse jare het my ook deur spanningsvolle tye gebring en vrae na waarheid en opregtheid. Willens en wetens het ek ook gewaag waar engele sou huiwer, mense…
27 Aug 2023 2AM 3 min

Nagsê Here #41

Goeie Naand, Hoe lekker sal dit nie wees as almal saam kan lag en vrede hê nie? Sou jy gevra word wat hoop beteken, sal jy kan antwoord dat almal gelukkig moet wees? Kyk en luister maar na mense, feitlik almal beleef een of ander tyd mislukte verhoudings, seerkry verhoudings,…
20 Jul 2023 2AM 2 min