Nagsê Here #34

--:--
Goeie Naand,

Onthou jy as jy terugdink aan die hoeveelheid kere wat jy ID foto’s geneem het vir jou ID kaart, Bestuurs lisensie, Paspoort.Jy het regop gestaan, met wit agtergrond en die mees treffende is jou strak gesig, jy mag nie lag nie.

Hoe kan mens die nature vrolikheid so wegsteek?

Teenoorgesteld was jy as ook by plekke waar vriende bymekaarkom, onthaal funksies, restaurante, pub en grills, braai saam met ‘n rugby of krieket wedstryd.
Almal is vrolik, dit is nie as gevolg van verversings nie maar juis as gevolg van samesyn,‘n gemeenskap in kleine. Soos dit in jou menswees is word jou eie probleme, hartseer en bekommernis verdoof, jy luister na ander, neem die oomblik waar, in kort of versweë sinne beleef jy die oomblik van Nou! Jy vergeet van jou omstandighede, jy geniet die gemeenskap.

‘n Ware gelowige beleef blydskap in die gemeenskap van heiliges. Dit is vir my ‘n groot begrip. Wanneer Die Here die sondaar geheilig het is hy nie meer sondaar nie, maar heilig. Mense sal altyd die etiket van sondaar bevestig of uitwys, Die Here nie! Hy sien die mens raak wat Hy geheilig het. Na aanleiding van gisteraand se boodskap net die vraag “Het Jesus vir Saggéüs gevra om nie meer tollenaar te wees nie?” Tog het Die Here met blydskap Saggéüs ontvang.

Mag jy vanaand die waarde Psalm 9:2,3 ervaar.
“Ek wil die Here loof met my hele hart; ek wil al u wonders vertel.
In U wil ek bly wees en juig; ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste”

Mag jy sonder ‘n strak gesig, waar jy jou, wanneer ookal bevind, hierdie blydskap uitstraal. Om bly te wees, om te juig, loof jy die Here met jou hele hart, want Hy het jou geheilig, dit is aansteeklik vir almal om jou. Mag jy siele wen vir Sy Heiligdom met jou vreugde, jou familie en vriende vul met ware blydskap, al het jyself duisende vrae en bekommernisse, so leef jy tot eer van Sy Naam.

Lekker slap, Lief vir julle.
AMEN

Nagsê Here.
10 Jul 2023 5AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Nagsê Here #45

Goeie Naand, Hoevele male het jy nie al gehuiwer om die regte woorde te vind nie. Selfs met gebed sukkel jy, wat is dit wat jy graag wil bid, wil vra, wil afsmeek by Die Here. Jy wil nie selfsugtig klink nie, ook nie te desperaat nie, miskien wonder jy…
27 Aug 2023 3AM 2 min

Nagsê Here #44

Goeie Naand, Die dinge of goeters wat met mens gebeur, baie keer deur eie keuses, dom keuses of onwetend laat jou nogal met hande in die hare. Hoe gaan jy deurkom, hoe gaan jy oorlewe, hoe kan jy dinge regmaak, wat moet jy antwoord en aan wie, wat moet jy…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #43

Goeie Naand, Dink jy Die Here het ‘n droom vir jou? Sou dit beter klink as die vraag is; het Die Here het gedroom en jou vir ‘n doel geskep hier op aarde? Miskien wil jy nou antwoord dat die lewe geen droom wêreld is nie, met dit gesê kan…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #42

Goeie Naand, Jy lees ook Die Bybel en soms tref verse jou net anders asof jy dan eers die werklike betekenis verstaan. Die onlangse jare het my ook deur spanningsvolle tye gebring en vrae na waarheid en opregtheid. Willens en wetens het ek ook gewaag waar engele sou huiwer, mense…
27 Aug 2023 2AM 3 min

Nagsê Here #41

Goeie Naand, Hoe lekker sal dit nie wees as almal saam kan lag en vrede hê nie? Sou jy gevra word wat hoop beteken, sal jy kan antwoord dat almal gelukkig moet wees? Kyk en luister maar na mense, feitlik almal beleef een of ander tyd mislukte verhoudings, seerkry verhoudings,…
20 Jul 2023 2AM 2 min