Nagsê Here #35

--:--
Goeie Naand,

Elke mens het aansporing nodig, jy ook!

Voortdurend elke dag word jy met besluitneming en keuses gelaat, in jou werk, tuis, met mense wat jou op jou knieë hou.
Baie mense kyk op na jou, maak staat op jou, wil by jou versterking verkry, glo in jou as werktuig in God se Hand.
Jy beleef ook sekere dae wat jy net moeg voel, gedreineer, geknak, genoeg gehad het van verantwoordelikhede.
Jeremia was voortdurend as tussenganger die spreekbuis tussen Die Here en die volk.
Die volk kry swaar, hulle het aanmoediging en rede nodig om te volhard in geloof, die ondraaglike lewe maak dit vir hulle moeilik om vas te hou aan hulle geloof en hoop.
Dan lees ons in Jeremia 17:14 dat Jeremia geknak het, siek gevoel het van al die spanning.
“Maak my gesond, Here, dan sal ek gesond word; verlos my, dan sal ek verlos word; want U is my lof.
Daar sê hulle vir my: Waar is die woord van die Here? Laat dit tog kom!
Wat my aangaan, ek het my nie onttrek om U as herder te volg nie, en die ongelukkige dag het ek nie begeer nie. Ú weet dit. Wat uit my lippe uitgegaan het, was voor u aangesig.”
Jeremia het na Die Here as Geneesheer gegaan vir gesond word, vir aanmoediging en krag.
Wanneer jy ook so ongesond voel, gaan na Die Here, jou God.
Vir jou versterking lees ons die Franciskaanse seën Vanaand
Mag die Here jou seën met ongemak oor maklike antwoorde,
halwe waarhede en oppervlakkige verhoudings
sodat jy uit die diepte van jou hart kan leef.

Mag die Here jou seën met woede oor onreg,
onderdrukking en die uitbuiting van mense
sodat jy kan werk vir geregtigheid, vryheid en vrede.

Mag die Here jou seën met trane om te stort vir mense
wat pyn, verwerping, honger en oorlog ervaar
sodat jy ’n hand kan uitreik en hulle pyn in blydskap verander.

En mag God jou seën met genoeg dwaasheid om te glo
dat jy ’n verskil in die wêreld kan maak
sodat jy dinge sal kan doen wat ander mense dink nie gedoen kan word nie

AMEN
Nagsê Here.
10 Jul 2023 5AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Nagsê Here #45

Goeie Naand, Hoevele male het jy nie al gehuiwer om die regte woorde te vind nie. Selfs met gebed sukkel jy, wat is dit wat jy graag wil bid, wil vra, wil afsmeek by Die Here. Jy wil nie selfsugtig klink nie, ook nie te desperaat nie, miskien wonder jy…
27 Aug 2023 3AM 2 min

Nagsê Here #44

Goeie Naand, Die dinge of goeters wat met mens gebeur, baie keer deur eie keuses, dom keuses of onwetend laat jou nogal met hande in die hare. Hoe gaan jy deurkom, hoe gaan jy oorlewe, hoe kan jy dinge regmaak, wat moet jy antwoord en aan wie, wat moet jy…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #43

Goeie Naand, Dink jy Die Here het ‘n droom vir jou? Sou dit beter klink as die vraag is; het Die Here het gedroom en jou vir ‘n doel geskep hier op aarde? Miskien wil jy nou antwoord dat die lewe geen droom wêreld is nie, met dit gesê kan…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #42

Goeie Naand, Jy lees ook Die Bybel en soms tref verse jou net anders asof jy dan eers die werklike betekenis verstaan. Die onlangse jare het my ook deur spanningsvolle tye gebring en vrae na waarheid en opregtheid. Willens en wetens het ek ook gewaag waar engele sou huiwer, mense…
27 Aug 2023 2AM 3 min

Nagsê Here #41

Goeie Naand, Hoe lekker sal dit nie wees as almal saam kan lag en vrede hê nie? Sou jy gevra word wat hoop beteken, sal jy kan antwoord dat almal gelukkig moet wees? Kyk en luister maar na mense, feitlik almal beleef een of ander tyd mislukte verhoudings, seerkry verhoudings,…
20 Jul 2023 2AM 2 min