Nagsê Here #36

--:--
Goeie Naand,

Hoe wil Die Here hê jy moet wees as jy tot Hom nader? Het jy al gewonder oor hierdie vraag, ‘n vraag na jou waardigheid?

Dit hang nie af van jou suksesse nie maar wie jy is. Jy ken ook mense wat skool verlaat het op laerskool en suksesvolle boere of besigheidsmense geword het. Jy ken ook gegradueerdes wat steeds werk soek, ander mense wat op soek is na Die Here maar vind Hom nie. Die gelowiges sê “Dankie” en vra na Die Here om genade, uitkoms en die regte besluite.

Die vraag bly “Hoe kom jy by Die Here uit? Watter etiket moet gevolg word met kleredrag, groetwoorde en gesprekvoering?” Daardie gevoel waarby jy verby moet kom, van om verder as die spreekwoordelike dak te bid, wanneer jy dink jou gebede in die lug verdwyn, jy vind Die Here nie, berusting, aanvaarding en kalmte ontbreek.

In Psalm 24 vra Dawid ook die vraag;
“Wie mag klim op die berg van die Here? En wie mag staan in sy heilige plek?
Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.
Hy sal seën wegdra van die Here en geregtigheid van die God van sy heil.”

Mag jy vanaand jou gesprek met Die Here so begin “Hier is ek Here, met hande wat rein is, ‘n hart suiwer vir U liefdesdiens, bedrog is daar nie in my nie ek is nie vals nie, ek wil opreg U vind. Mag jy ‘n besonderse ervaring beleef dat jy ook kan sê “Wie is dan tog die Erekoning? Die Here van die leërskare — Hy is die Erekoning! Ek het Hom gevind op Sy Heilige berg”

Dankie my Erekoning vir U seëninge.

AMEN
10 Jul 2023 5AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Nagsê Here #45

Goeie Naand, Hoevele male het jy nie al gehuiwer om die regte woorde te vind nie. Selfs met gebed sukkel jy, wat is dit wat jy graag wil bid, wil vra, wil afsmeek by Die Here. Jy wil nie selfsugtig klink nie, ook nie te desperaat nie, miskien wonder jy…
27 Aug 2023 3AM 2 min

Nagsê Here #44

Goeie Naand, Die dinge of goeters wat met mens gebeur, baie keer deur eie keuses, dom keuses of onwetend laat jou nogal met hande in die hare. Hoe gaan jy deurkom, hoe gaan jy oorlewe, hoe kan jy dinge regmaak, wat moet jy antwoord en aan wie, wat moet jy…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #43

Goeie Naand, Dink jy Die Here het ‘n droom vir jou? Sou dit beter klink as die vraag is; het Die Here het gedroom en jou vir ‘n doel geskep hier op aarde? Miskien wil jy nou antwoord dat die lewe geen droom wêreld is nie, met dit gesê kan…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #42

Goeie Naand, Jy lees ook Die Bybel en soms tref verse jou net anders asof jy dan eers die werklike betekenis verstaan. Die onlangse jare het my ook deur spanningsvolle tye gebring en vrae na waarheid en opregtheid. Willens en wetens het ek ook gewaag waar engele sou huiwer, mense…
27 Aug 2023 2AM 3 min

Nagsê Here #41

Goeie Naand, Hoe lekker sal dit nie wees as almal saam kan lag en vrede hê nie? Sou jy gevra word wat hoop beteken, sal jy kan antwoord dat almal gelukkig moet wees? Kyk en luister maar na mense, feitlik almal beleef een of ander tyd mislukte verhoudings, seerkry verhoudings,…
20 Jul 2023 2AM 2 min