Nagsê Here #37

--:--
Goeie Naand,

“Welgeluksalig is die man wat die Here vrees, wat 'n groot welbehae in sy gebooie het.”

Die Boodskap vertaal die vers in Ps 112
“Die gelukkigste mense op aarde is hulle wat groot respek vir die Here het, wat met blydskap luister na alles wat die Here sê.”
Wat is hierdie alles wat Die Here sê?
Wat beteken die welbehae in Sy gebooie?

In vandag se wêreld en kommunikasie middele en daarmee saam die hoeveelheid van geloofsweergawes raak dit moeilik om Die Here te vrees, om respek vir Hom deur die mense raak te sien. Nog moeiliker raak dit om te hoor wat Hy sê en volgens sy gebooie te leef, asof Sy Stem wegraak tussen die miljoene ander en Sy wil in konstante botsing is met wêreld hiërargie.

Dink maar aan dit wat vroeër jare toelaatbaar was en vandag nie meer is nie, dwelms aan kinders soos opium in hoesmedisyne, kokaine vir tandpyn, sekere woorde.
So het sekere lewensstyle ook verander wat toe ontoelaatbaar was maar vandag is, kleredrag en dobbel om net enkeles te noem. Deurgans het die gebooie van Die Here gegeld en is dit as maatstaf gebruik om sy Woord te gebruik “So sê Die Here”
Wanneer dit jou deurmekaar maak, begin by jou eie gesprek met Die Here.

Ek dink nou aan die liedjie van Bernice West ‘Die Here het my mooi gemaak’
Maak dit saak wat ander mense verkeerd doen, word van jou rekenskap geëis oor ander? Doen jy maar net wat goed is. Glo jy net in jouself en dat Die Here jou spesiaal gemaak het, jy het jou doel in hierdie lewe vir Hom. Sy doel met jou regverdig jou vir mooi dinge omdat Hy jou mooi gemaak het.

Mag jy ook vanaand sê dat jy nie slegte tyding vrees nie want jou hart is gerus, vol vertroue op die Here. Dit bepaal jou geluk.

AMEN

Nagsê Here.
10 Jul 2023 5AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Nagsê Here #45

Goeie Naand, Hoevele male het jy nie al gehuiwer om die regte woorde te vind nie. Selfs met gebed sukkel jy, wat is dit wat jy graag wil bid, wil vra, wil afsmeek by Die Here. Jy wil nie selfsugtig klink nie, ook nie te desperaat nie, miskien wonder jy…
27 Aug 2023 3AM 2 min

Nagsê Here #44

Goeie Naand, Die dinge of goeters wat met mens gebeur, baie keer deur eie keuses, dom keuses of onwetend laat jou nogal met hande in die hare. Hoe gaan jy deurkom, hoe gaan jy oorlewe, hoe kan jy dinge regmaak, wat moet jy antwoord en aan wie, wat moet jy…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #43

Goeie Naand, Dink jy Die Here het ‘n droom vir jou? Sou dit beter klink as die vraag is; het Die Here het gedroom en jou vir ‘n doel geskep hier op aarde? Miskien wil jy nou antwoord dat die lewe geen droom wêreld is nie, met dit gesê kan…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #42

Goeie Naand, Jy lees ook Die Bybel en soms tref verse jou net anders asof jy dan eers die werklike betekenis verstaan. Die onlangse jare het my ook deur spanningsvolle tye gebring en vrae na waarheid en opregtheid. Willens en wetens het ek ook gewaag waar engele sou huiwer, mense…
27 Aug 2023 2AM 3 min

Nagsê Here #41

Goeie Naand, Hoe lekker sal dit nie wees as almal saam kan lag en vrede hê nie? Sou jy gevra word wat hoop beteken, sal jy kan antwoord dat almal gelukkig moet wees? Kyk en luister maar na mense, feitlik almal beleef een of ander tyd mislukte verhoudings, seerkry verhoudings,…
20 Jul 2023 2AM 2 min