Nagsê Here #38

--:--
Goeie Naand,

In Markus 2 lees ons vanaand ‘n besonderse verhaal. Die verhaal se fokus is nie geloof en genesing nie of geloofsgenesing nie maar wel vergifnis. Jesus was in iemand se huis, besig om God se Woord te verduidelik aan ander. Die dakke was maar laag, bedek met gras of riete en klei daaroor gesmeer.

Vier vriende bring hul verlamde vriend na Jesus toe, die huis toegepak met mense, selfs voor die ingang was daar ‘n samedromming. Hulle vat toe kortpad, klim op die dak en begin dit oopbreek en sak hul vriend neer voor Jesus.

Kan jy jou indink aan die hoeveelheid stof, gras, riete en klei klonte neergeval het op Jesus en die wat naby Hom was. Meer nog, dis baie disrespekvol om iemand te steur terwyl hy praat, wat dan van ‘n hele vergadering ontwrig.

Sulke gedrag ontlok irritasie en aggressie in elke mens, jy kan jouself en jou reaksie voorstel, woede, vloekwoorde, misnoë en beskuldigings, sal ons maar net sê - gedrag vol sonde gelaai. Maar Jesus was nie net mens nie, ons lees vers 5 "En toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: Seun, jou sondes is jou vergewe!”
In ‘Stories van die Lewe’ word vertel van ‘n priester wat gehoor het van ‘n vrou wat reken Die Here praat direk met haar. Skepties en jaloers gaan besoek hy haar, dit klink net te onwaar. Hy toets haar om Die Here die volgende keer te vra wat sy grootste sonde as priester is.

Nuuskierig, na ‘n maand besoek hy haar weer om te hoor wat Die Here se antwoord was. Haar woorde was “Die Here het vir my gesê om jou te sê “Watter sonde? Die sonde wat Hy vergewe, vergeet Hy ook.”

Vanaand is dit wat Die Here vir jou ook sê en Hy voltooi dit met “Staan op en neem jou bed op en loop!”

Mag jy jou lewenspad met vreugde loop deur Sy genadige Vergifnis. Jy het ‘n veskil om te maak!

AMEN

Nagsê Here.
11 Jul 2023 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Nagsê Here #45

Goeie Naand, Hoevele male het jy nie al gehuiwer om die regte woorde te vind nie. Selfs met gebed sukkel jy, wat is dit wat jy graag wil bid, wil vra, wil afsmeek by Die Here. Jy wil nie selfsugtig klink nie, ook nie te desperaat nie, miskien wonder jy…
27 Aug 2023 3AM 2 min

Nagsê Here #44

Goeie Naand, Die dinge of goeters wat met mens gebeur, baie keer deur eie keuses, dom keuses of onwetend laat jou nogal met hande in die hare. Hoe gaan jy deurkom, hoe gaan jy oorlewe, hoe kan jy dinge regmaak, wat moet jy antwoord en aan wie, wat moet jy…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #43

Goeie Naand, Dink jy Die Here het ‘n droom vir jou? Sou dit beter klink as die vraag is; het Die Here het gedroom en jou vir ‘n doel geskep hier op aarde? Miskien wil jy nou antwoord dat die lewe geen droom wêreld is nie, met dit gesê kan…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #42

Goeie Naand, Jy lees ook Die Bybel en soms tref verse jou net anders asof jy dan eers die werklike betekenis verstaan. Die onlangse jare het my ook deur spanningsvolle tye gebring en vrae na waarheid en opregtheid. Willens en wetens het ek ook gewaag waar engele sou huiwer, mense…
27 Aug 2023 2AM 3 min

Nagsê Here #41

Goeie Naand, Hoe lekker sal dit nie wees as almal saam kan lag en vrede hê nie? Sou jy gevra word wat hoop beteken, sal jy kan antwoord dat almal gelukkig moet wees? Kyk en luister maar na mense, feitlik almal beleef een of ander tyd mislukte verhoudings, seerkry verhoudings,…
20 Jul 2023 2AM 2 min