Nagsê Here #39

--:--
Goeie Naand,

Hoekom dink jy wil mense soveel ander mense, veranderd kry.Soort soek soort, lui die spreekwoord, tog is daar altyd mense wat iets anders verwag en vereis. Mense sukkel om mekaar te aanvaar, om onvoorwaardelik die medemens te help wat werklik hulp nodig het. Dit word amper soos mense wat hulself as engele ag teen die sondaars in die lewe, net omdat ons nie die andersheid kan aanvaar nie.

Onthou jy die storie van son en wind wat ‘n weddenskap aangegaan het oor wie die vinnigste ‘n mens se jas kan wegneem. Son het agter ‘n wolk weggekruip en wind het begin blaas in stormwind. Hoe harder hy geblaas het hoe stywer het die mens sy jas vasgeklou. Na dit was dit son se beurt, glimlaggend het hy met warmte die mens saggies en liefdevol aangeraak met sy sonstrale. Na so rukkie het die mens sy jas uitgetrek. Son het gewen.

Dit is nie met brute krag wat jy mense laat verander nie, hoekom is dit in elk geval nodig om jou sin te kry om mense te verander. Jakobus skryf in hoostuk 2: 15-17 “WAT baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie? As daar nou 'n broeder of suster naak is en aan die daaglikse voedsel gebrek het, en een uit julle sou vir hulle sê: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie — wat baat dit?

Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.”

Mag jy vanaand besef Die Here wil jou gebruik met ‘n glimlag teenoor ander, om hulle met ‘n warm liefde aan te raak. So bewys jou werke jou geloof, jy kan iemand help met jou uitreik.

Die Here het jou aangeraak, het Hy nie? Met Sy sagmoedigheid, oor jou Sy Sonstale gebied, gun dit ook vir ander!

AMEN

Nagsê Here.
12 Jul 2023 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Nagsê Here #45

Goeie Naand, Hoevele male het jy nie al gehuiwer om die regte woorde te vind nie. Selfs met gebed sukkel jy, wat is dit wat jy graag wil bid, wil vra, wil afsmeek by Die Here. Jy wil nie selfsugtig klink nie, ook nie te desperaat nie, miskien wonder jy…
27 Aug 2023 3AM 2 min

Nagsê Here #44

Goeie Naand, Die dinge of goeters wat met mens gebeur, baie keer deur eie keuses, dom keuses of onwetend laat jou nogal met hande in die hare. Hoe gaan jy deurkom, hoe gaan jy oorlewe, hoe kan jy dinge regmaak, wat moet jy antwoord en aan wie, wat moet jy…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #43

Goeie Naand, Dink jy Die Here het ‘n droom vir jou? Sou dit beter klink as die vraag is; het Die Here het gedroom en jou vir ‘n doel geskep hier op aarde? Miskien wil jy nou antwoord dat die lewe geen droom wêreld is nie, met dit gesê kan…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #42

Goeie Naand, Jy lees ook Die Bybel en soms tref verse jou net anders asof jy dan eers die werklike betekenis verstaan. Die onlangse jare het my ook deur spanningsvolle tye gebring en vrae na waarheid en opregtheid. Willens en wetens het ek ook gewaag waar engele sou huiwer, mense…
27 Aug 2023 2AM 3 min

Nagsê Here #41

Goeie Naand, Hoe lekker sal dit nie wees as almal saam kan lag en vrede hê nie? Sou jy gevra word wat hoop beteken, sal jy kan antwoord dat almal gelukkig moet wees? Kyk en luister maar na mense, feitlik almal beleef een of ander tyd mislukte verhoudings, seerkry verhoudings,…
20 Jul 2023 2AM 2 min