Alles wat jy moet weet oor Laerskool De Aar se BUZZZ-naweek

Loading player...
Laerskool De Aar se BUZZZ-naweek vind hierdie jaar op 13 en 14 Oktober 2023 op die skoolterrein plaas.
Die BUZZZ- naweek skop reeds op 10 Oktober af wanneer daar ‘n hele geesweek vir die leerlinge beplan word. Daar sal elke dag ‘n aktiwiteit vir die leerlinge wees om aan deel te neem!
Op Vrydagoggend begin al die pret met ‘n “colour run”, ’n “paint ball” kompetisie en die hoogtepunt- ‘n kaskarresies. ‘n Nuwe item vind ook plaas: bakkie trek. Die skool se bakkie word deur spanne getrek oor ‘n afstand van 50m op die rugbyveld.
Die BUZZZ terrein open amptelik om 14:00 en daar sal ‘n veld vol EDDIES “Slip en Slides” wees sowel as ‘n uitdagende Santam “paint ball”-baan.
Gedurende die middag arriveer verskeie motorfiets entoesiaste om die naweek saam met ons te geniet. Die motorfiets rally, ‘n nuutjie op ons program, word in samewerking met die plaaslike Karoo Rebels motorfietsklub aangebied. Die motorfiets entoesiaste sal of in plaaslike gastehuise tuis gaan, of op die XEROS Rally kampterrein op die sportveld.
Plaaslike kunstenaars, wat ook oud –leerlinge van ons skool is, Anke van der Westhuizen, Leandro de Carvalho, Adoné Otto en Prince Rajabu skop die joligheid om 17:00 af in die Fit It tent wat die hele naweek die hoofsentrum van die fees sal wees.
GenT, ‘n lekker dansorkes van Kimberley tree om 19:00 op en sal die gees opbou vir die jaarlikse Geneco Repro duiweveiling wat in samewerking met die De Aar Posduifklub plaasvind. Tydens die duiweveiling koop die bieër die “regte”van die duif om op Saterdag 14 Oktober namens die bieër te vlieg. As die bieër se duif eerste inklok, is groot prysgeld te wen. Die prysgeld word persentasie-gewys volgens die veiling se totale inkomste bereken en in die verlede het ‘n duif wat vir R 3000 opgeveil was, sy koper R 50 000 in die sak gebring. Slegs die 30 topduiwe van die klub word opgeveil.
Die tweede been van die veiling is die sogenaamde “R 100-duiwe”. Hier kry almal die geleentheid om ‘n duif vir slegs R 100 te “koop” en die “eienaar” van die wenduif steek R 5000 in die sak. Die wedvlug vind plaas vanaf Williston na De Aar.
Daarna gaan ons gaskunstenaars, Ivan Roux (om 21:00) en Irene-Louise van Wyk (om 22:00) die Novels verhoog in die Fit-It-tent laat bewe en almal se voete te laat jeuk.
Regdeur die naweek is heerlike eetgoed soos, Kerrie en rys, broodjes, Yankees, slap chips, pannekoek en tee/koffie/ cappucino in (De Herberg Lodge) stalletjie te koop. Eie aan die Karoo kan ‘n heerlike skaaptjoppie of sosatie, boerewors en roosterkoeke by die “Kÿto”braaistalletjie te koop wees.
4 Sep 2023 English South Africa News · Business

Other recent episodes

Becoming a Cupcake Angel is easy, all for a good cause with Cupcakes of Hope

Pulane Nel-Sekepe speaks with Sandy Cipriano, founder of Cupcakes of Hope. On Saturday, 26 September 2026, thousands of South Africans will once again become ‘Cupcake Angels’ by baking and sharing cupcakes to help children with cancer and their families. National Cupcake Day will be celebrated at more than 80 shopping…
3 Sep 4 min

Laerskool Eureka bied aan: Race Around the World - Kaskarresies

Cat van der Merwe gesels met Gareth Clarke, Sport Organiseerder van Laerskool Eureka, oor hul opkomende Kaskarresies wat op 12 September plaasvind. Lootjievorms is aan elke leerder gegee om borggelde in te samel. Publiek kan die leerlinge ondersteun met die lootjievorms. Kom ondersteun en Borg Laerskool Eureka se Kaskarresies -…
27 Aug 3 min

6th Annual Talitha Cumi Golfday

Cat van der Merwe and Keshia van Rooyen, Director at Talitha Cumi, Place of Safety in Bloemfontein, talks about the 2026 Golfday that is already sold out, and how members of the public can still get involved and contribute to what they do for child protection, care and support for…
18 Aug 3 min

Anchor of Hope pak Tuindienste aan vir 'n goeie doel

Pulane Nel-Sekepe en Boeta Swart gesels die maand oor hoe goed dit gaan by Anchor of Hope, en hoe dankbaar hulle is vir die luisteraars en algehele publiek in en om Bloemfontein wat altyd bereid is om te help en by te drae tot hulle doel. Boeta vertel ons ook…
14 Aug 4 min

Lize Beekman: Bloekompraatjies

Pulane Nel-Sekepe gesels met die legendariese Lize Beekman oor hoe Bloemfontein en die Sterrewag Teater 'n groot impak op haar loopbaan van 29 jaar gehad het. Sy deel met ons die storie en inspirasie agter haar nuwe enkelsnit: Bloekompraatjies. Haar volgende Bloemfontein-optrede is 28 Augustus 2026.
13 Aug 9 min