Vrydag Oggenddiens - Past Buks van Staden

Loading player...
PSALMS 143
Wys my die pad wat ek moet loop
1'n Psalm van Dawid.
Hoor my gebed, Here,
luister tog na my smeking.
U is getrou en regverdig,
antwoord my tog!
2Moet tog nie 'n regsaak teen my begin nie,
want niemand wat leef, is voor U onskuldig nie!
3'n Vyand vervolg my,
hy trap my in die grond,
hy hou my gevange in die donker.
Ek is soos iemand wat lankal dood is.
4Ek het alle moed verloor,
ek is verslae.
5Ek dink aan die verre verlede,
ek peins oor alles wat U gedoen het
en oor die werk van u hande dink ek na.
6Ek strek my hande uit in gebed na U toe,
ek is voor U soos 'n uitgedorde land.
13 Oct 2023 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

2 SAMUEL 9 Dawid neem Mefiboset onder sy sorg 1Op 'n dag het Dawid gevra: “Het daar nie miskien iemand uit Saul se familie oorgebly nie? Ek sou hom graag onder my sorg wil neem ter wille van Jonatan.” 2Hulle het toe vir Siba, 'n amptenaar van Saul se hofhouding,…
10 Aug 2AM 10 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

RIGTERS 11 1Jefta was 'n seun van Gilead. Hy was 'n dapper soldaat. Sy ma was 'n prostituut, maar sy pa was Gilead. 2Gilead se vrou het ook vir hom seuns in die wêreld gebring, en toe hulle grootword, het hulle vir Jefta weggejaag en vir hom gesê: “Jy mag…
11 Aug 2AM 12 min

Sondagaand Erediens - Past Franko van der Vlies

ROMEINE 12 2Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.
9 Aug 1PM 27 min

Sondagoggend Erediens - Past Franko van der Vlies

HEBREËRS 12 Die oog moet op Jesus gevestig wees 1Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2die oog gevestig…
9 Aug 3AM 29 min

Saterdag Oggenddiens - Past Franko van der Vlies

1 KORINTIËRS 15 58Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie.
8 Aug 2AM 17 min