Maandag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

Loading player...
JOËL 2

Die Here betoon medelye met sy volk
18Die Here het vir sy land opgekom,
Hy het medelye betoon met sy volk.
19Die Here het sy volk geantwoord:
Ek stuur vir julle koring en wyn en olie.
Julle sal oorgenoeg hê.
Ek sal julle nie weer tot 'n bespotting
onder die nasies maak nie.
20Hierdie vyand uit die noorde sal Ek wegvat van julle af,
Ek sal hom wegjaag na 'n droë en verwoeste land toe,
sy voorpunt sal in die Dooie See beland
en sy agterhoede in die Middellandse See.
Sy stank sal opstyg,
sy slegte reuk sal versprei,
want hy het hom groot gehou.
21Jy moenie bang wees nie, ploegland,
jy moet bly wees en juig,
want die Here het 'n wonder gedoen.
22Julle moenie bang wees nie, vee in die veld,
want die weiveld word groen,
die bome dra vrugte,
die vyebome en die wingerd staan in volle drag.
23Inwoners van Sion, julle moet bly wees
en juig tot eer van die Here julle God,
want Hy het die reëns betyds laat kom,
Hy het die vroeë en die laat reën soos voorheen gegee.
24Die dorsvloer lê vol koring,
die parskuipe loop oor van wyn en olie.
25Ek sal julle vergoed vir die tyd
van sprinkaanswerm op sprinkaanswerm
toe my groot leër wat Ek teen julle gestuur het,
julle verteer het.
26Julle sal oorgenoeg hê om te eet,
julle sal die Naam van die Here julle God prys,
Hy wat wonders vir julle gedoen het.
My volk sal nooit weer in die skande kom nie.
27Dan sal julle besef dat Ek by Israel is,
dat Ek die Here julle God is,
dat daar buiten My nie 'n ander is nie.
My volk sal nooit weer in die skande kom nie.
1 Jan 2024 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagaand Erediens - Ds Dirk Meijer

HEBREËRS 3 Jesus is meer as Moses 1Daarom, broers wat vir die Here afgesonder is en deelgenote is van die hemelse roeping, moet julle noukeurig let op Jesus, die Apostel en Hoëpriester van die geloof wat ons bely. 2Hy is getrou aan God wat Hom aangestel het, soos ook Moses…
11 Oct 1PM 28 min

Sondagoggend Erediens - Ds Dirk Meijer

PREDIKER 11 Werp jou brood op die water 1Werp jou brood op die water, eendag kry jy dit terug. 2Hou jou besittings op sewe, selfs ag plekke, want jy weet nie watter teëspoed oor die land kan kom nie. 3As die wolke vol water is, reën hulle leeg op die…
11 Oct 3AM 27 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

GENESIS 1 24Toe het God gesê: “Laat die aarde lewende wesens voortbring, elkeen na sy aard: mak diere, diere wat kruip, wilde diere, elkeen na sy aard.” So het dit gebeur. 25God het die wilde diere op die aarde gemaak, elkeen na sy aard; ook die mak diere, elkeen na…
10 Oct 2AM 19 min