Dinsdag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

--:--
GENESIS 45
Josef sê vir sy broers wie hy is
1Josef kon homself nie langer bedwing voor die mense wat hom bedien het nie. Hy het hulle almal beveel om van hom af weg te gaan, en daar was van dié wat hom gedien het, nie een by hom toe hy hom aan sy broers bekend gemaak het nie. 2Hy het so hard gehuil dat die Egiptenaars en die mense in die farao se paleis dit gehoor het. 3Toe sê Josef vir sy broers: “Ek is Josef. Leef Pa werklik nog?”
Sy broers kon hom nie antwoord nie, hulle was te bang vir hom. 4Maar hy het vir hulle gesê: “Kom na my toe!” en toe hulle nader kom, sê hy: “Ek is julle broer Josef. Julle het my verkoop, en ek is Egipte toe gebring. 5Maar julle moet nou nie sleg voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle uit gestuur om lewens te red. 6Dit is nou maar die tweede jaar van hongersnood in die land. Daar lê nog vyf jaar voor waarin daar nie geploeg of geoes sal word nie. 7God het my voor julle uit gestuur om vir julle 'n oorblyfsel in hierdie land te laat oorbly, om julle aan die lewe te hou en sodat baie aan die dood sal ontkom. 8Dis nie júlle wat my hierheen gestuur het nie, maar God. Hy het my laat aanstel as die farao se raadgewer en as bevelhebber oor sy huis en as regeerder oor die hele Egipte. 9Gaan dadelik na Pa toe en sê vir hom: ‘So sê Pa se seun Josef: God het my aangestel as regeerder oor die hele Egipte. Kom na my toe. Moenie talm nie, 10kom bly in die Gosenstreek. Dan is Pa naby my: Pa en Pa se seuns en kleinseuns, die kleinvee en grootvee en alles wat Pa besit.
28 Nov 2023 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Saterdag Oggenddiens - Ds Frans Oosthuizen

SEFANJA 3 Ek gee aan julle roem en eer 14Sing, Sion! Juig, Israel! Wees met alles wat jy is, vrolik en bly, Jerusalem! 15Die Here het 'n einde gemaak aan jou straf, Hy het jou vyande laat padgee. Die Koning van Israel, die Here, is by jou; jy hoef geen…
2 Mar 1AM 19 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Frans Oosthuizen

MATTEUS 12 Die terugkoms van die onrein gees (Luk. 11:24-26) 43“Wanneer 'n onrein gees uit 'n mens weggaan, swerf hy deur dor streke op soek na 'n rusplek. As hy dit nie kry nie, 44sê hy: ‘Ek gaan terug na my huis waaruit ek weggegaan het.’ Hy kom dan terug…
1 Mar 1AM 19 min

Donderdag Oggenddiens - Ds Frans Oosthuizen

JOHANNES 3 14Moses het die slang in die woestyn hoog op 'n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog word, 15sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê. 16“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat…
29 Feb 1AM 15 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Frans Oosthuizen

MATTEUS 11 28“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. 29Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. 30My juk is sag en my las…
28 Feb 1AM 15 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Frans Oosthuizen

MATTEUS 11 28“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. 29Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. 30My juk is sag en my las…
27 Feb 1AM 21 min