KERSFEES - Maandagoggend Erediens - Ds Bergh Muller

Loading player...
JEREMIA 10
Die Here is nie soos die afgode nie
1Luister wat die Here vir julle sê, Israeliete!
2So sê die Here:
Moenie die gewoontes van die heidennasies aanleer nie.
Moenie bang wees vir die tekens aan die hemel nie,
want dit is die heidennasies wat daarvoor bang is.
3Hulle voorskrif om 'n god te kry, is sinloos:
hulle kap 'n boom in die bos af,
'n ambagsman kerf dit uit met 'n beitel,
4hy versier dit met silwer en goud,
met hamer en spyker slaan hy dit vas dat dit nie omkantel nie.
5Sulke gode kan net so min praat as 'n voëlverskrikker in 'n komkommerland; hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie. Moenie vir hulle bang wees nie, want hulle het geen mag om goed of kwaad te doen nie.
6Waar is iemand soos U, Here?
U is groot, die mag van u Naam is groot.
7Wie sou U nie dien nie, Koning van die nasies?
Dit kom U toe.
Onder al die wyse mense, onder al die konings van die nasies,
is daar niemand soos U nie.
8Hulle is almal gekke en dwase,
want 'n stuk hout kan vir 'n mens niks leer nie.
9Die silwerbeslag kom uit Tarsis, die goud uit Ufas.
Dit is die werk van 'n ambagsman en 'n goudsmid,
die afgode is geklee in pers en rooi wolstof,
alles die werk van kunstenaars.
10Maar die Here is die ware God:
Hy is die lewende God, die Koning vir altyd;
van sy toorn bewe die aarde,
teen sy woede kan die nasies dit nie uithou nie.
11So moet julle vir hulle sê:
“Die gode wat nie die hemel en die aarde gemaak het nie,
sal van die aarde af verdwyn onder die hemel uit.”

14Dan sien elke mens hoe dom,
hoe sonder kennis, hy is;
dan staan elke goudsmid verleë met sy afgodsbeeld,
want sy beeld is bedrog, daar is geen lewe in nie.
15Hulle is nikswerd gode, voorwerpe van spot,
hulle vergaan as die tyd van afrekening kom.
25 Dec 2023 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagaand Erediens - Ds Dirk Meijer

HEBREËRS 3 Jesus is meer as Moses 1Daarom, broers wat vir die Here afgesonder is en deelgenote is van die hemelse roeping, moet julle noukeurig let op Jesus, die Apostel en Hoëpriester van die geloof wat ons bely. 2Hy is getrou aan God wat Hom aangestel het, soos ook Moses…
11 Oct 1PM 28 min

Sondagoggend Erediens - Ds Dirk Meijer

PREDIKER 11 Werp jou brood op die water 1Werp jou brood op die water, eendag kry jy dit terug. 2Hou jou besittings op sewe, selfs ag plekke, want jy weet nie watter teëspoed oor die land kan kom nie. 3As die wolke vol water is, reën hulle leeg op die…
11 Oct 3AM 27 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

GENESIS 1 24Toe het God gesê: “Laat die aarde lewende wesens voortbring, elkeen na sy aard: mak diere, diere wat kruip, wilde diere, elkeen na sy aard.” So het dit gebeur. 25God het die wilde diere op die aarde gemaak, elkeen na sy aard; ook die mak diere, elkeen na…
10 Oct 2AM 19 min