Saterdag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

Loading player...
JESAJA 43
Jy is Myne
1Luister, so sê die Here
wat jou geskep het, Jakob,
wat jou gevorm het, Israel:
Moenie bang wees nie, Ek verlos jou,
Ek het jou op jou naam geroep,
jy is Myne.
2As jy deur water moet gaan, is Ek by jou,
deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie;
as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie,
die vlamme sal jou nie brand nie,
3want Ek is die Here jou God,
die Heilige van Israel, jou Redder.
Ek gee Egipte as losprys vir jou,
Kus en Seba in jou plek.
4Omdat jy vir My kosbaar is,
omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet,
gee Ek mense in jou plek,
volke in ruil vir jou lewe.
5Moenie bang wees nie,
Ek is by jou.
Ek bring jou kinders van die ooste af,
Ek maak hulle bymekaar van die weste af,
6Ek sê vir die noorde: Gee!
vir die suide: Moet hulle nie terughou nie!
Bring my seuns van ver af,
my dogters van die uithoeke van die aarde af,
7elkeen wat na my Naam genoem word,
elkeen wat Ek geskep het tot my eer,
wat Ek gevorm het, wat Ek gemaak het.
17 Feb 2024 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Donderdag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

GALÁSIËRS 3 Die wet is onmagtig om te red, maar dit lei na Christus en die geloof. 1 o, ONVERSTANDIGE Galásiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig? 2Dit alleen wil ek…
20 Mar 2AM 10 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

I TIMÓTHEÜS 1 Die ware evangelie. 3SOOS ek jou versoek het toe ek na Macedónië op reis was, moet jy in Éfese wag om sekere persone te beveel dat hulle geen ander leer moet leer nie, 4en hulle nie besig hou met fabels en eindelose geslagsregisters nie, wat net twisvrae…
19 Mar 2AM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

GALÁSIËRS 3 Die wet is onmagtig om te red, maar dit lei na Christus en die geloof. 1 o, ONVERSTANDIGE Galásiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig? 2Dit alleen wil ek…
18 Mar 2AM 11 min

Maandag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

ROMEINE 3 19Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees; 20aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want…
17 Mar 2AM 10 min