Sondagoggend Erediens - Ds Wimpie Raath

--:--
2 KONINGS 6

Elisa laat 'n byl op die water dryf
1Die profete het vir Elisa gesê: “Die plek waar ons van u onderrig ontvang, het te klein geword vir ons. 2Laat ons na die Jordaan toe gaan en balke kap om vir ons 'n bymekaarkomplek te bou.”
“Gaan gerus,” het hy geantwoord.
3Een het vir hom gevra: “Wil u nie met ons saamgaan nie?”
Hy het geantwoord: “Ek sal gaan,” 4en hy het saam met hulle gegaan.
Toe hulle by die Jordaan kom, het hulle bome afgekap. 5Terwyl een besig was om 'n boom af te kap, het sy byl in die water geval. Hy roep toe: “Ag tog, Meneer, en dit was boonop 'n geleende byl!”
6Die man van God het gevra waar die byl ingeval het. Toe die profeet vir hom die plek gewys het, het hy 'n stuk hout afgekap en dit daar ingegooi, en dit het die byl bo laat dryf. 7Hy sê toe vir hom: “Haal dit uit.” Die man het sy hand uitgesteek en dit gevat.
25 Feb 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Ds Hannes du Plessis

PSALMS 25 Vergewing en bewaring. 1 'n PSALM van Dawid. Alef. Tot U, o Here, hef ek my siel op. 2 Bet. My God, op U vertrou ek; laat my nie beskaamd staan nie; laat my vyande oor my nie juig nie. 3 Gimel. Ja, almal wat U verwag, sal…
2 Dec 1AM 18 min

Sondagaand Erediens - Ds Belinda van der Vlies

I THESSALONICENSE 2 11hoe ons, soos julle weet, net soos 'n vader sy kinders, elkeen van julle vermaan en bemoedig het 12en betuig het dat julle waardiglik moet wandel voor God wat julle tot sy koninkryk en heerlikheid roep. 13Daarom dank ons God ook sonder ophou dat, toe julle die…
1 Dec 12PM 19 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Belinda van der Vlies

JOSUA 1 5 Niemand sal voor jou standhou al die dae van jou lewe nie; soos Ek met Moses gewees het, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie. 6 Wees sterk en vol moed; want jy sal hierdie volk die land laat…
30 Nov 1AM 23 min