Maandag Oggenddiens - Past Bernard van der Vlies

Loading player...
JOHANNES 20
Die leë graf
(Matt. 28:1-8; Mark. 16:1-8; Luk. 24:1-12)
1Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is. 2Sy hardloop toe en gaan na Simon Petrus en na die ander dissipel toe vir wie Jesus baie lief was, en sê vir hulle: “Hulle het die Here uit die graf weggevat, en ons weet nie waar hulle Hom nou begrawe het nie.”
3Petrus en die ander dissipel het toe uitgekom en na die graf toe gegaan. 4Die twee het saam begin hardloop, maar die ander dissipel het vinniger as Petrus gehardloop en eerste by die graf gekom. 5Toe hy vooroor buk, sien hy die doeke lê, maar hy het nie ingegaan nie. 6Ná hom het Simon Petrus ook daar aangekom, en hy het in die graf ingegaan. Hy sien toe die doeke daar lê, 7ook die doek wat om Jesus se kop was. Dié doek het nie by die ander doeke gelê nie, maar was eenkant afsonderlik opgerol.
22 Apr 2024 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Ds Wimpie Raadt

I THESSALONICENSE 5 23En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!
17 Feb 1AM 16 min

Sondagaand Erediens - Pastoor Eugene du Randt

I JOHANNES 4 16En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom. 17Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag;…
16 Feb 12PM 28 min

Sondagoggend Erediens - Pastoor Eugene du Randt

EFÉSIËRS 1 Die seëninge van God in Jesus Christus, Bewerker van ons verlossing en Hoof van die gemeente. 3 GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus, 4 soos Hy ons in Hom uitverkies…
16 Feb 2AM 32 min

Saterdag Oggenddiens - Pastoor Eugene du Randt

MATTHÉÜS 5 Die bergpredikasie. Die saligsprekinge. (Lk. 6:17-49.) 1EN toe Hy die skare sien, het Hy op die berg geklim; en nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom gekom; 2en Hy het sy mond geopen en hulle geleer en gesê: 3 Salig is die wat arm van…
15 Feb 1AM 22 min