Sondagoggend Erediens - Past Marius Jacobs

--:--
2 KORINTIËRS 4
Die apostels verkondig Jesus Christus, die Here
1God het Hom oor ons ontferm en hierdie bediening aan ons opgedra. Daarom word ons nie moedeloos nie. 2Ons vermy praktyke wat nie die lig kan verdra nie en waaroor ons ons sou moes skaam. Ons gaan nie met bedrog te werk nie en ons vervals nie die woord van God nie. Inteendeel, ons maak die waarheid openlik bekend en beveel onsself so aan by elkeen wat voor God 'n eerlike gewete het. 3As die evangelie wat ons verkondig, tog nog met 'n sluier bedek is, is dit bedek net vir dié wat verlore gaan. 4Hulle is die ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wêreld verblind is, sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie. Dit is die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is. 5Ons verkondig nie onsself nie, maar Jesus Christus as die Here, en onsself as julle dienaars ter wille van Jesus. 6God wat gesê het: “Laat daar lig skyn uit die duisternis,” het ook in ons harte 'n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal.
'n Skat in kleipotte
7Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie.
19 May 3AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag oggenddiens - Ds Hannes du Plessis

PSALMS 25 Vergewing en bewaring. 1 'n PSALM van Dawid. Alef. Tot U, o Here, hef ek my siel op. 2 Bet. My God, op U vertrou ek; laat my nie beskaamd staan nie; laat my vyande oor my nie juig nie. 3 Gimel. Ja, almal wat U verwag, sal…
2 Dec 1AM 18 min

Sondagaand Erediens - Ds Belinda van der Vlies

I THESSALONICENSE 2 11hoe ons, soos julle weet, net soos 'n vader sy kinders, elkeen van julle vermaan en bemoedig het 12en betuig het dat julle waardiglik moet wandel voor God wat julle tot sy koninkryk en heerlikheid roep. 13Daarom dank ons God ook sonder ophou dat, toe julle die…
1 Dec 12PM 19 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Belinda van der Vlies

JOSUA 1 5 Niemand sal voor jou standhou al die dae van jou lewe nie; soos Ek met Moses gewees het, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie. 6 Wees sterk en vol moed; want jy sal hierdie volk die land laat…
30 Nov 1AM 23 min

Vrydag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

JOSUA 1 9Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan. 10Toe het Josua aan die opsigters van die volk bevel gegee en gesê: 11Gaan die laer deur en gee…
29 Nov 1AM 17 min