Sondagaand Erediens - Past Marius Jacobs

--:--
PSALMS 1
Die Here lei die regverdiges
1Dit gaan goed met die mens
wat nie die raad van goddeloses volg nie,
nie met sondaars omgaan
en met ligsinniges saamspan nie,
2maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind,
dit dag en nag oordink.
3Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is,
wat op die regte tyd vrugte dra
en waarvan die blare nie verdroog nie.
Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.
4So is die goddeloses nie.
Hulle is soos kaf wat deur die wind uitmekaar gewaai word.
5Daarom sal goddeloses hulle nie kan handhaaf wanneer die Here oor hulle oordeel nie
en sondaars nie 'n plek hê in die vergadering van regverdiges nie.
6Waarlik,
die Here lei die regverdiges op hulle pad,
maar die pad van die goddeloses lei tot ondergang.
19 May 1PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Vrydag Oggenddiens - Ds Wimpie Raadt

GENESIS 42 Josef se broers gaan koop koring in Egipte 1Toe Jakob verneem dat daar graan in Egipte is, sê hy vir sy seuns: “Waarom sit julle vir mekaar en kyk?” 2Hy het verder vir hulle gesê: “Ek het gehoor daar is graan in Egipte. Gaan soontoe en koop daar…
14 Jun 2AM 16 min

Donderdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raadt

GENESIS 40 Josef lê die skinker en die bakker se drome uit 1'n Ruk nadat Josef in die tronk gesit is, het 'n skinker en 'n bakker van Egipte se koning verkeerd opgetree teenoor hulle koning. 2Die farao het kwaad geword vir sy twee amptenare, die hoof van die skinkers…
13 Jun 2AM 15 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raadt

GENESIS 39 Josef in Potifar se huis 1Josef is na Egipte toe gebring. Potifar, 'n amptenaar van die farao en hoof van die lyfwag, 'n Egiptenaar van geboorte, het vir Josef by die Ismaeliete gekoop wat hom Egipte toe gevat het. 2Die Here was by Josef en dit het baie…
12 Jun 2AM 17 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raadt

GENESIS 37 Josef en sy drome 1Jakob het in Kanaän gebly, die land waar sy voorvaders ook as vreemdelinge gebly het. 2Hier volg die familiegeskiedenis van Jakob. Josef was nog jonk, sewentien, toe hy kleinvee opgepas het saam met sy broers, die seuns van Bilha en Silpa, sy pa se…
11 Jun 2AM 16 min

Maandag Oggenddiens - Ds Wimpie Raadt

GENESIS 35 Jakob kom weer by Bet-El 1God het vir Jakob gesê: “Maak jou klaar en gaan na Bet-El toe en bly daar. Bou vir My daar 'n altaar. Ek is die God wat daar aan jou verskyn het toe jy vir jou broer Esau gevlug het.” 2Toe sê Jakob…
10 Jun 2AM 16 min