Donderdag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

Loading player...
GENESIS 18
Abraham ontvang drie besoekers
1Die Here het aan Abraham verskyn by die groot bome van Mamre. Terwyl hy op die warmste van die dag by sy tentdeur sit, 2kyk hy op en sien drie mans daar naby staan. Toe hy hulle sien, het hy van sy tentdeur af na hulle toe gedraf en voor hulle gebuig. 3Hy het gesê: “Menere, u sal my 'n guns bewys deur nie by my verby te gaan nie. 4Laat ek eers 'n bietjie water laat haal sodat u u voete kan was, en kom rus dan onder die boom. 5U is nou eenmaal op pad hier by my verby, en daarom wil ek 'n stukkie brood vir u gaan haal dat u weer nuwe krag kan kry.”
Hulle het vir hom gesê: “Goed! Maak so!”
6Abraham het toe gou na Sara toe in die tent gegaan en vir haar gesê: “Vat gou sestien kilogram meel en knie dit en bak roosterkoeke.”
7Daarna het hy na die beeste toe gedraf en 'n mooi jong kalf gevat en vir 'n slaaf gegee om dit gou voor te berei. 8Toe het Abraham botter en melk en die kalf wat voorberei is, gevat en voor die mans neergesit, en hulle het daar onder die boom geëet terwyl hy hulle bedien.
9Toe vra hulle hom: “Waar is jou vrou Sara?” en hy antwoord: “Hier in die tent.”
10Toe sê die een: “Ek sal beslis volgende jaar hierdie tyd na jou toe terugkom, en dan sal jou vrou Sara 'n seun hê.”
Sara het by die tentopening gestaan en afluister, en die een wat gepraat het, was aan die buitekant. 11Abraham en Sara was albei al baie oud, en Sara was verby die ouderdom van kinders in die wêreld bring, 12en daarom het sy by haarself gelag en gedink: sal ek nog genot kan hê noudat ek afgeleef is? En dit met my man wat oud is?
13Toe vra die Here vir Abraham: “Waarom lag Sara? Waarom dink sy: sal ek werklik 'n kind in die wêreld bring noudat ek oud is? 14Is iets te buitengewoon vir die Here? Op die vasgestelde tyd sal Ek terugkom. Volgende jaar hierdie tyd sal Sara 'n seun hê.”
15Sara het geskrik en toe 'n leuen vertel. “Ek het nie gelag nie,” het sy gesê.
Maar die Here het gesê: “Nee, jy het gelag.”
25 Jul 2024 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Saterdagoggend - Past Riaan de Bruyn

DIE OPENBARING 3 20Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My.
13 Jun 2AM 17 min

Vrydag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

PSALMS 46 11Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde. MARKUS 6 31Daar was baie mense wat gedurig gekom en gegaan het, sodat Jesus en sy dissipels selfs nie kans gehad het om iets te eet nie. Hy sê toe vir hulle: “Kom…
12 Jun 2AM 12 min

Woensdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

FILIPPENSE 2 Ligdraers in die wêreld 12My geliefdes, julle was altyd gehoorsaam wanneer ek by julle was. Des te meer moet julle gehoorsaam wees nou dat ek nie daar is nie. Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe, 13want dit is God…
10 Jun 2AM 14 min

Dinsdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

JOHANNES 3 3Daarop sê Jesus vir hom: “Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” ESEGIËL 36 26Ek sal julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle…
9 Jun 2AM 13 min