Vrydagoggend - Ds Johan Marais

Loading player...
ROMEINE 8

Niks kan ons van die liefde van Christus skei nie
31Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees? 32Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?
33Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry. 34Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons.
35Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? 36Daar staan immers geskrywe:
“Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig,
dat ons soos slagskape behandel word.”
37Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. 38Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte 39of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.
6 Sep 2024 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Dinsdag Oggenddiens - Ds Ben Bornman

I THESSALONICENSE 5 17 Bid sonder ophou. KOLOSSENSE 4 Vermaning om te bid en wysheid te betrag. 2 VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging;
14 Jan 1AM 14 min

Maandag Oggenddiens - Ds Ben Bornman

JAKOBUS 1 22En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie. 23Want as iemand 'n hoorder van die woord is en nie 'n dader nie, dié is soos 'n man wat sy natuurlike gesig in 'n spieël sien; 24want hy sien homself en gaan weg…
13 Jan 1AM 14 min

Sondagaand Erediens - Ds Horace van Coller

MATTHÉÜS 14 Jesus loop op die see. (Mk. 6:45-56; Joh. 6:16-21.) 22 EN Jesus het dadelik sy dissipels gedwing om in die skuit te gaan en voor Hom uit te vaar na die oorkant, terwyl Hy die skare wegstuur. 23En nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy op die…
12 Jan 12PM 22 min

Sondagoggend Erediens - Ds Horace van Coller

I PETRUS 1 Danksegging weens die hoop op die saligheid. 3 GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot 'n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, 4sodat ons 'n onverganklike en…
12 Jan 2AM 21 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

JESAJA 46 4en tot die ouderdom toe is Ék dieselfde, ja, tot die grysheid toe sal Ek julle dra; Ék het dit gedoen, en Ék sal julle opneem, en Ék sal dra en red.
11 Jan 1AM 15 min