Maandag Oggenddiens - Past Deon Bosch

Loading player...
Filippense 3

Hoofstuk 3
1 Verder, my broeders, verbly julle in die Here. Dit is vir my nie lastig om dieselfde dinge aan julle te skrywe nie, en dit gee julle sekerheid.
2 Let op die honde; let op die slegte arbeiders; let op die versnyding.
3 Want óns is die besnydenis, ons wat God in die Gees dien en in Christus Jesus roem en nie op die vlees vertrou nie;
4 alhoewel ek rede het om ook te vertrou op die vlees. As iemand anders meen dat hy op die vlees kan vertrou, ek nog meer.
5 Ek is besny op die agtste dag, uit die geslag van Israel, uit die stam van Benjamin, ‘n Hebreër uit die Hebreërs; wat die wet betref, ‘n Fariseër;
6 wat ywer betref, ‘n vervolger van die gemeente; wat die geregtigheid in die wet betref, onberispelik.
7 Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag.
8 Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry
9 en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof;
10 sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word,
21 Oct 2024 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

MATTEUS 8 Die genesing van die offisier se slaaf (Luk. 7:1-10; vgl. Joh. 4:43-54) 5Nadat Jesus in Kapernaum aangekom het, het 'n offisier by Hom hulp kom vra 6en gesê: “Here, my slaaf lê by my huis verlam en verduur baie pyn.” 7En Jesus antwoord hom: “Ek sal hom kom…
8 Dec 1AM 11 min

Sondagoggend Erediens - Ds Johan Marais

PSALMS 13 Hoe lank nog, Here? 1Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid. 2Hoe lank gaan U my nog bly vergeet, Here? Vir altyd? Hoe lank gaan U nog van my af weg kyk? 3Hoe lank moet ek nog my eie planne maak en my dae met kommer deurbring? Hoe…
7 Dec 2AM 24 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Johan Marais

1 PETRUS 3 14Maar selfs as julle sou ly omdat julle doen wat reg is, moet julle dit as 'n voorreg beskou. Moenie vir mense bang wees of julle laat afskrik nie. 15In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om 'n…
6 Dec 1AM 16 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Johan Marais

1 SAMUEL 17 34Toe sê Dawid vir Saul: “As ek die kleinvee vir my pa oppas, en daar kom 'n leeu of 'n beer en dra 'n lam weg uit die kudde,
5 Dec 1AM 11 min