Woensdag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

Loading player...
ROMEINE 6

Die genade is geen vrybrief vir die sonde nie, maar verlos ons van die heerskappy daarvan.
1WAT sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word?
2Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?
3Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?
4Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel.
5Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding;
6aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.
7Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde.
8As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe,
9omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie.
10Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God.
1 Jan 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Saterdag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

I KORINTHIËRS 3 10Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos 'n bekwame boumeester die fondament gelê, en 'n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou. 11Want niemand kan 'n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is…
4 Jan 1AM 20 min

Vrydag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

JOHANNES 10 7Jesus het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape. 8Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie. 9Ek is die deur; as iemand deur My ingaan,…
3 Jan 1AM 22 min

Donderdag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

I KORINTHIËRS 15 20Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het. 21Want aangesien die dood deur 'n mens is, is die opstanding van die dode ook deur 'n mens. 22Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook…
2 Jan 1AM 18 min

Dinsdag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

II KORINTHIËRS 5 17Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. 18En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, 19naamlik…
31 Dec 2024 1AM 19 min

Maandag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

OPENBARING 21 Die nuwe hemel en die nuwe aarde. 1EN ek het 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. 2En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal…
30 Dec 2024 1AM 17 min