Sondagoggend Erediens - Ds Horace van Coller

--:--
JESAJA 43

1MAAR nou, so sê die Here, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!
2 As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere — hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.
3Want Ek is die Here, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.
4Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.
5 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af.
6Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af,
7elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het.
24 Nov 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagaand Erediens - Ds Horace van Coller

HEBREËRS 12 Volharding onder beproewinge volgens die voorbeeld van Christus. 1DAAROM dan, terwyl ons so 'n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, 2die oog gevestig…
24 Nov 12PM 20 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

II KORINTHIËRS 4 Doel en vrug van die lyding. Die onsigbare dinge gestel teenoor die sigbare. 16DAAROM gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe. 17Want ons ligte verdrukking wat vir 'n oomblik is, bewerk vir…
23 Nov 1AM 17 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

I KONINGS 19 Elía vlug vir Isébel en kom by die berg Horeb. 1EN Agab het aan Isébel meegedeel alles wat Elía gedoen het, ja, alles — hoe hy al die profete met die swaard gedood het. 2Daarop stuur Isébel 'n boodskapper na Elía om te sê: Mag die gode…
22 Nov 1AM 16 min

Donderdag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

I SAMUEL 17 31Toe hulle die woorde hoor wat Dawid spreek en dit voor Saul meedeel, het dié hom laat haal. 32En Dawid het aan Saul gesê: Laat die manne se moed tog nie ter wille van hom sink nie. U dienaar sal gaan en teen hierdie Filistyn veg. 33Maar…
21 Nov 1AM 12 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

MARKUS 6 35En toe dit reeds laat geword het, kom sy dissipels na Hom en sê: Die plek is verlate en dit is reeds laat. 36Stuur hulle weg, sodat hulle na die buitewyke en dorpe rondom kan gaan om brood vir hulleself te koop, want hulle het niks om te…
20 Nov 1AM 12 min