Sondagaand Erediens - Ds Horace van Coller

MATTHÉÜS 14

Jesus loop op die see.
(Mk. 6:45-56; Joh. 6:16-21.)
22 EN Jesus het dadelik sy dissipels gedwing om in die skuit te gaan en voor Hom uit te vaar na die oorkant, terwyl Hy die skare wegstuur.
23En nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy op die berg om in die eensaamheid te bid. En toe dit aand geword het, was Hy daar alleen.
24En die skuit was al in die middel van die see, geteister deur die golwe; want die wind was teen hulle.
25Maar in die vierde nagwaak het Jesus na hulle gekom, al wandelende op die see.
26En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en sê: Dit is 'n spook! En hulle het geskreeu van vrees.
27Maar Jesus het dadelik met hulle gespreek en gesê: Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie vrees nie.
28En Petrus antwoord Hom en sê: Here, as dit U is, beveel my om op die water na U te kom.
29En Hy sê: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan.
30Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my!
31En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?
32Daarop klim hulle in die skuit, en die wind het gaan lê.
33Toe kom die wat in die skuit was, en val voor Hom neer en sê: Waarlik, U is die Seun van God!
12 Jan 12PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Donderdag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

II TIMÓTHEÜS 2 1JY dan, my seun, wees sterk deur die genade wat in Christus Jesus is; 2en wat jy van my gehoor het onder baie getuies, vertrou dit toe aan getroue manne wat bekwaam sal wees om ook ander te leer.
13 Mar 2AM 15 min

Woensdag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

GALÁSIËRS 5 22Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. 23 Teen sulke dinge is die wet nie. 24Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig. 25 As ons deur die Gees lewe, laat ons…
12 Mar 2AM 15 min

Dinsdag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

PSALMS 100 'n Oproep om God te prys. 1 'n PSALM. By die lofoffer. Juig voor die Here, o ganse aarde! 2Dien die Here met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel. 3Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die…
11 Mar 2AM 11 min

Maandag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

GALÁSIËRS 5 22Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. 23 Teen sulke dinge is die wet nie. 24Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig. 25 As ons deur die Gees lewe, laat ons…
10 Mar 2AM 15 min