Sondagaand Erediens - Pastoor Eugene du Randt

Loading player...
I JOHANNES 4
16En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.
17Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.
18Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.
19 Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.

PSALMS 103
Loof die Here, die genadige en barmhartige God!
1 'n PSALM van Dawid.
Loof die Here, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!
2Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!
3Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees,
4wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede,
5wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van 'n arend.
6Die Here doen geregtigheid en reg aan almal wat verdruk word.
7 Hy het aan Moses sy weë bekend gemaak, aan die kinders van Israel sy dade.
8 Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en groot van goedertierenheid.

MATTHÉÜS 7
7 Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
8Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.
9Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom 'n klip sal gee;
10en as hy 'n vis vra, aan hom 'n slang sal gee?
11As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!
12 Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.
16 Feb 2025 12PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Vrydag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

PSALMS 46 11Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde. MARKUS 6 31Daar was baie mense wat gedurig gekom en gegaan het, sodat Jesus en sy dissipels selfs nie kans gehad het om iets te eet nie. Hy sê toe vir hulle: “Kom…
12 Jun 2AM 12 min

Woensdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

FILIPPENSE 2 Ligdraers in die wêreld 12My geliefdes, julle was altyd gehoorsaam wanneer ek by julle was. Des te meer moet julle gehoorsaam wees nou dat ek nie daar is nie. Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe, 13want dit is God…
10 Jun 2AM 14 min

Dinsdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

JOHANNES 3 3Daarop sê Jesus vir hom: “Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” ESEGIËL 36 26Ek sal julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle…
9 Jun 2AM 13 min

Maandag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

LUKAS 3 8Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is. En moenie by julleself sê: ‘Ons het Abraham as voorvader’ nie, want dit sê ek vir julle: God kan uit hierdie klippe kinders vir Abraham verwek. ROMEINE 6 Dood vir die sonde, maar lewend vir God 1Wat moet ons…
8 Jun 2AM 12 min