Saterdag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

Loading player...
MATTHÉÜS 11

Die drie onboetvaardige stede.
(Lk. 10:13-15.)
20 TOE het Hy die stede waarin die meeste van sy kragtige dade plaasgevind het, begin verwyt, omdat hulle hul nie bekeer het nie:
21Wee jou, Górasin, wee jou, Betsáida! want as in Tirus en Sidon die kragtige dade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle hul lankal in sak en as bekeer het.
22 Maar Ek sê vir julle, dit sal vir Tirus en Sidon verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir julle.
23En jy, Kapérnaüm, wat tot die hemel toe verhoog is, jy sal tot die doderyk toe neergestoot word; want as in Sodom die kragtige dade plaasgevind het wat in jou plaasgevind het, sou hy bly staan het tot vandag toe.
24Maar Ek sê vir julle dat dit vir die land van Sodom verdraagliker sal wees in die oordeelsdag as vir jou.
22 Mar 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

(GELOFTEDAG) Dinsdagoggend Erediens - Past Pieter Calitz

PSALMS 66 Hoe ontsagwekkend is u werk! 1Vir die koorleier. 'n Lied. 'n Psalm. Juig tot eer van God, almal op aarde! 2Sing tot roem van sy Naam, gee Hom die eer wat Hom toekom! 3Bely voor God: Hoe ontsagwekkend is u werk! U mag is groot, u vyande kruip…
16 Dec 2AM 21 min

Sondagaand Erediens - Ds Zak Scholtz

PSALMS 27 Die Here is my lig en my redder 1Van Dawid. Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees? 2As misdadigers op my afstorm om my dood te maak, my teëstanders en my…
14 Dec 12PM 19 min

Sondagoggend Erediens - Ds Zak Scholtz

MATTEUS 28 Jesus se opdrag aan die dissipels (Mark. 16:14-18; Luk. 24:36-49; Joh. 20:19-23; vgl. Hand. 1:6-8) 16Die elf dissipels het na Galilea toe gegaan na die berg waarheen Jesus hulle beveel het om te gaan. 17Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, hoewel party getwyfel het. 18Jesus kom…
14 Dec 2AM 20 min