Dinsdag Oggenddiens - Ds Graham Read

Loading player...
LUKAS 23

42En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.
43En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.
44En dit was omtrent die sesde uur, en daar het duisternis oor die hele aarde gekom tot die negende uur toe;
45en die son is verduister; en die voorhangsel van die tempel het middeldeur geskeur.
46En Jesus het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Vader, in u hande gee Ek my gees oor! En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit.
47 En toe die hoofman oor honderd sien wat daar gebeur, het hy God verheerlik en gesê: Waarlik, hierdie man was regverdig.
48En die hele skare wat vir hierdie skouspel bymekaar was, het op hulle borste geslaan toe hulle sien wat gebeur het, en hulle het teruggegaan.
49En al sy bekendes het ver weg gestaan; ook die vroue wat Hom van Galiléa gevolg het, het hierdie dinge gesien.
15 Apr 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

2 SAMUEL 9 Dawid neem Mefiboset onder sy sorg 1Op 'n dag het Dawid gevra: “Het daar nie miskien iemand uit Saul se familie oorgebly nie? Ek sou hom graag onder my sorg wil neem ter wille van Jonatan.” 2Hulle het toe vir Siba, 'n amptenaar van Saul se hofhouding,…
10 Aug 2AM 10 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

RIGTERS 11 1Jefta was 'n seun van Gilead. Hy was 'n dapper soldaat. Sy ma was 'n prostituut, maar sy pa was Gilead. 2Gilead se vrou het ook vir hom seuns in die wêreld gebring, en toe hulle grootword, het hulle vir Jefta weggejaag en vir hom gesê: “Jy mag…
11 Aug 2AM 12 min

Sondagaand Erediens - Past Franko van der Vlies

ROMEINE 12 2Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.
9 Aug 1PM 27 min

Sondagoggend Erediens - Past Franko van der Vlies

HEBREËRS 12 Die oog moet op Jesus gevestig wees 1Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2die oog gevestig…
9 Aug 3AM 29 min

Saterdag Oggenddiens - Past Franko van der Vlies

1 KORINTIËRS 15 58Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie.
8 Aug 2AM 17 min