Donderdag Oggenddiens - Ds Graham Read

Loading player...
MATTHÉÜS 27

37En bokant sy hoof het hulle sy beskuldiging in skrif opgestel: DIT IS JESUS, DIE KONING VAN DIE JODE.
38Toe word daar saam met Hom twee rowers gekruisig, een aan die regter- en een aan die linkerkant.
39En die verbygangers het Hom gesmaad terwyl hulle hul hoofde skud
40en sê: U wat die tempel afbreek en in drie dae opbou, red Uself! As U die Seun van God is, kom af van die kruis!
41En so het ook die owerpriesters saam met die skrifgeleerdes en ouderlinge gespot en gesê:
42Ander het Hy verlos, Homself kan Hy nie verlos nie. As Hy die Koning van Israel is, laat Hom nou van die kruis afkom, en ons sal in Hom glo.
43 Hy het op God vertrou; laat Hy Hom nou verlos as Hy behae in Hom het; want Hy het gesê: Ek is die Seun van God.
44En op dieselfde manier het die rowers wat saam met Hom gekruisig was, Hom ook beledig.
45En van die sesde uur af het daar duisternis gekom oor die hele aarde tot die negende uur toe;
17 Apr 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

2 SAMUEL 9 Dawid neem Mefiboset onder sy sorg 1Op 'n dag het Dawid gevra: “Het daar nie miskien iemand uit Saul se familie oorgebly nie? Ek sou hom graag onder my sorg wil neem ter wille van Jonatan.” 2Hulle het toe vir Siba, 'n amptenaar van Saul se hofhouding,…
10 Aug 2AM 10 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

RIGTERS 11 1Jefta was 'n seun van Gilead. Hy was 'n dapper soldaat. Sy ma was 'n prostituut, maar sy pa was Gilead. 2Gilead se vrou het ook vir hom seuns in die wêreld gebring, en toe hulle grootword, het hulle vir Jefta weggejaag en vir hom gesê: “Jy mag…
11 Aug 2AM 12 min

Sondagaand Erediens - Past Franko van der Vlies

ROMEINE 12 2Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.
9 Aug 1PM 27 min

Sondagoggend Erediens - Past Franko van der Vlies

HEBREËRS 12 Die oog moet op Jesus gevestig wees 1Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2die oog gevestig…
9 Aug 3AM 29 min

Saterdag Oggenddiens - Past Franko van der Vlies

1 KORINTIËRS 15 58Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie.
8 Aug 2AM 17 min