Woensdag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

Loading player...
OPENBARING 2

Derde brief: aan die gemeente van Pérgamus.
12EN skryf aan die engel van die gemeente in Pérgamus: Dít sê Hy wat die skerp tweesnydende swaard het:
13Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is. En jy hou vas aan my Naam en het die geloof in My nie verloën nie, selfs in die dae waarin Ántipas my getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woon.
14Maar Ek het enkele dinge teen jou: dat jy daar mense het wat vashou aan die leer van Bíleam wat Balak geleer het om 'n struikelblok voor die kinders van Israel te werp, naamlik om afgodsoffers te eet en te hoereer.
15So het jy ook mense wat vashou aan die leer van die Nikolaïete, wat Ek haat.
16Bekeer jou; anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle oorlog voer met die swaard van my mond.
17Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee 'n wit keursteen, en op dié steen 'n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.
7 May 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagaand Erediens - Ds Dirk Meijer

HEBREËRS 3 Jesus is meer as Moses 1Daarom, broers wat vir die Here afgesonder is en deelgenote is van die hemelse roeping, moet julle noukeurig let op Jesus, die Apostel en Hoëpriester van die geloof wat ons bely. 2Hy is getrou aan God wat Hom aangestel het, soos ook Moses…
11 Oct 1PM 28 min

Sondagoggend Erediens - Ds Dirk Meijer

PREDIKER 11 Werp jou brood op die water 1Werp jou brood op die water, eendag kry jy dit terug. 2Hou jou besittings op sewe, selfs ag plekke, want jy weet nie watter teëspoed oor die land kan kom nie. 3As die wolke vol water is, reën hulle leeg op die…
11 Oct 3AM 27 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

GENESIS 1 24Toe het God gesê: “Laat die aarde lewende wesens voortbring, elkeen na sy aard: mak diere, diere wat kruip, wilde diere, elkeen na sy aard.” So het dit gebeur. 25God het die wilde diere op die aarde gemaak, elkeen na sy aard; ook die mak diere, elkeen na…
10 Oct 2AM 19 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

GENESIS 1 God se skeppingswerk 1In die begin het God die hemel en die aarde geskep. 2Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. 3Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig…
9 Oct 2AM 9 min