Woensdag Oggenddiens - Ds Hannes du Plessis

Loading player...
PSALMS 37
Geluk van die goddelose is maar skyn.
1 'n PSALM van Dawid.
Alef. Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie;
2want soos gras sal hulle gou verwelk, en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog.
3 Bet. Vertrou op die Here, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid,
4en verlustig jou in die Here; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.
5 Gimel. Laat jou weg aan die Here oor en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer;
6en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag.
7 Dalet. Swyg voor die Here en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie.
8 He. Laat staan die toorn en verlaat die grimmigheid; wees nie toornig nie: dit is net om kwaad te stig.
9Want die kwaaddoeners sal uitgeroei word; maar die wat die Here verwag, hulle sal die aarde besit.
10 Wau. En nog 'n klein rukkie en die goddelose sal daar nie wees nie; ja, jy sal ag gee op sy plek, maar hy sal daar nie wees nie.
11 Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede.

39 Tau. Maar die hulp van die regverdiges is van die Here, hulle toevlug in tyd van benoudheid.
40En die Here help hulle en red hulle; Hy red hulle van die goddelose mense en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.
21 May 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagaand Erediens - Ds Dirk Meijer

HEBREËRS 3 Jesus is meer as Moses 1Daarom, broers wat vir die Here afgesonder is en deelgenote is van die hemelse roeping, moet julle noukeurig let op Jesus, die Apostel en Hoëpriester van die geloof wat ons bely. 2Hy is getrou aan God wat Hom aangestel het, soos ook Moses…
11 Oct 1PM 28 min

Sondagoggend Erediens - Ds Dirk Meijer

PREDIKER 11 Werp jou brood op die water 1Werp jou brood op die water, eendag kry jy dit terug. 2Hou jou besittings op sewe, selfs ag plekke, want jy weet nie watter teëspoed oor die land kan kom nie. 3As die wolke vol water is, reën hulle leeg op die…
11 Oct 3AM 27 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

GENESIS 1 24Toe het God gesê: “Laat die aarde lewende wesens voortbring, elkeen na sy aard: mak diere, diere wat kruip, wilde diere, elkeen na sy aard.” So het dit gebeur. 25God het die wilde diere op die aarde gemaak, elkeen na sy aard; ook die mak diere, elkeen na…
10 Oct 2AM 19 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

GENESIS 1 God se skeppingswerk 1In die begin het God die hemel en die aarde geskep. 2Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. 3Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig…
9 Oct 2AM 9 min