Sondagaand Erediens - Dr Enrico Casaleggio

Loading player...
HOSEA 12
Israel moet die Here liefhê
1Efraim bedrieg My, Israel is vals teenoor My, Juda is nog altyd wispelturig in sy diens aan My, maar hy is getrou aan die afgode. 2Efraim hou hom op met wind, hy is aldag agter die oostewind aan. Hy hou aan met lieg en om sy eie ondergang te bewerk. Hy sluit 'n verbond met Assirië, maar stuur olie na Egipte toe.
3Die Here het 'n saak teen Juda, Hy gaan Jakob straf vir sy dade, hom laat boet vir wat hy gedoen het. 4Nog voor sy geboorte het hy al sy broer onderkruip en as volwasse man het hy met God gestoei. 5Jakob het met 'n Engel gestoei en gewen. Jakob het gehuil en van God hulp verwag: “By Bet-El sal Hy ons ontmoet, daar sal Hy met ons praat. 6Die Here is die almagtige God, die Here sal onthou.”
7Wat jy moet doen, is om na jou God toe terug te keer: jy moet Hom liefhê en sy bevele gehoorsaam, jy moet jou hoop altyd op jou God vestig.
8Efraim is 'n skelm handelaar: hy buit graag mense uit. 9En dan sê hy: “Ek is ryk, ek het myself ryk gemaak. Terwyl ek my besittings bymekaargemaak het, het ek niks gedoen wat verkeerd is nie.”
10Maar Ek is die Here jou God van Egipte se tyd af. Ek gaan jou weer in tente laat woon soos in die woestyntyd. 11Ek het nog altyd met die profete gepraat, Ek het hulle baie visioene laat sien, Ek het deur die profete in gelykenisse gepraat.
12Gilead was ook ryk, maar hy het heeltemal tot niet gegaan. Daar is bulle geoffer in Gilgal, maar dit sal nie verhoed dat ook hulle altare soos kliphope langs die lande word nie.
13Onthou Jakob moes na Aram toe vlug. Israel moes slawediens doen om vrouens te kry: omdat hy vrouens wou hê, moes hy skape oppas. 14Deur die diens van 'n profeet het Ek, die Here, vir Israel uit Egipte gelei, deur 'n profeet is hulle opgepas.
15Maar Efraim het My aangehou tart en verdien die dood. Ek sal hom straf vir sy skandelike gedrag.
9 Nov 12PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Vrydag Oggenddiens - Ds Johan Marais

1 SAMUEL 17 34Toe sê Dawid vir Saul: “As ek die kleinvee vir my pa oppas, en daar kom 'n leeu of 'n beer en dra 'n lam weg uit die kudde,
5 Dec 1AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Johan Marais

PSALMS 46 11Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde. 12Die Here, die Almagtige, is by ons, die God van Jakob is vir ons 'n beskutting. Sela 1 TESSALONISENSE 4 Die opstanding uit die dood 13Ons wil hê, broers, dat julle nie onkundig…
3 Dec 1AM 10 min

Maandag Oggenddiens - Ds Johan Marais

EKSODUS 14 9Die Egiptenaars het hulle agtervolg, en al die strydwaens van die farao met bemanning en leërmag het hulle ingehaal terwyl hulle besig was om by die see kamp op te slaan, naby Pi-Hagirot regoor Baäl-Sefon. 10Toe die farao nader kom, sien die Israeliete skielik die Egiptenaars sit hulle…
1 Dec 1AM 13 min