
Inflasie is (weer) op
Loading player...
Die Namibiese Statistieke-agentskap het die inflasie vir Oktober bekend gemaak. Dis op na 3,6 persent van die 3,5 persent wat in September aangeteken is en ook hoër as die 3 persent van Oktober 2024. Sonale inflasie toon dat die Suide, Erongo en Omaheke, sone 3, die hoogste betaal het vir mieliemeel met sone twee, Khomas wat die goedkoopste betaal het. Mirjam Shihepo van die agentskap het die syfers.

