
Hier's die Welwitschias wat België gaan takel
Loading player...
Die Namibië Rugby-unie het sy wedstryddag 23 aangewys wat België Saterdag in Dubai in die laaste Rugbywêreldbeker 2027-kwalifiseertoernooi pak. Direkteur van rugby, Jacques Burger, het vanmiddag tydens 'n perskonferensie die span onthul, gelei deur kaptein Louis van der Westhuizen en onderkaptein Danco Burger.

