Sondagoggend Erediens - Dr Enrico Casaleggio

Loading player...
JESAJA 57
Julle is 'n broeisel leuenaars
1Die regverdige kom om,
en daar is niemand
wat dit ter harte neem nie;
dié wat aan die verbond getrou is,
sterf sonder dat iemand begryp
dat dit deur die boosheid in die wêreld is
dat die regverdiges sterf.
2Dié wat die reguit pad loop,
kom waar daar vrede is,
hulle rus in die graf.
3Maar kom julle nader hierheen,
kinders van 'n towerheks,
julle wat gebore is uit owerspel en hoerery!
4Met wie wil julle spot?
Teen wie wil julle grootpraat,
vir wie wil julle tong uitsteek?
Julle is niks anders as 'n klomp rebelle nie,
'n broeisel leuenaars!
5Julle dien die afgode
met julle wellus onder die groot bome,
onder elke groen boom.
Julle offer julle kinders in die laagtes
en onder die oorhangende rotse.
6Julle verkies die afgodsbeelde in die laagte,
daar soek julle julle deel.
Vir hulle bring julle drankoffers
en offer julle graanoffers.
Moet Ek My hiervoor oor julle ontferm?
7Op die hoë berge het jy 'n plek ingerig vir jou onsedelikheid
en daarheen opgeklim om offers te bring.
8Agter jou deure en aan jou kosyne
het jy beeldjies opgehang.
In jou ontrou aan My het jy jou kaal uitgetrek,
op jou bed geklim en vir jou minnaars plek gemaak.
Jy het jou verbind aan dié saam met wie jy graag geslaap het.
Jy het hulle naaktheid geniet.
9Jy het na Molek toe gegaan met olie
en met baie wierook;
jy het jou boodskappers na ver plekke toe gestuur,
selfs tot by die doderyk!
10Jou soekery het jou moeg gemaak;
tog het jy nie gesê: “Dit is sinloos!” nie.
Jou wellus het jou aanhou oorweldig,
daarom het jy nie opgehou nie.
11Vir wie was jy so bang en bevrees
dat jy vals geword het?
Jy dink nie meer aan My nie,
jy steur jou nie meer aan My nie.
Ek het lank geswyg
toe jy My nie meer gedien het nie,
12maar nou sal Ek jou skynheiligheid aan die kaak stel,
alles wat jy gedoen het,
en jou gode sal jou nie kan help nie.
13As jy om hulp roep,
moet jou spul gode jou kom red,
maar 'n wind waai hulle almal weg,
'n yl luggie vat hulle weg.
Maar wie by My skuil, sal die land besit
en my heilige berg as eiendom ontvang.
Ek sal hulle genees
14Die Here het gesê:
Vul die pad op, vul dit op, maak dit gereed!
Verwyder die struikelblokke uit die pad van my volk.
15So sê Hy wat hoog en verhewe is,
Hy wat ewig leef en wie se Naam die Heilige is:
Ek woon in 'n hoë en heilige plek
en Ek is by hom wat verdruk en nederig is.
Ek gee nuwe krag aan die nederiges,
Ek gee nuwe krag aan die verdruktes.
9 Nov 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagaand Erediens - Ds Dirk Meijer

HEBREËRS 3 Jesus is meer as Moses 1Daarom, broers wat vir die Here afgesonder is en deelgenote is van die hemelse roeping, moet julle noukeurig let op Jesus, die Apostel en Hoëpriester van die geloof wat ons bely. 2Hy is getrou aan God wat Hom aangestel het, soos ook Moses…
11 Oct 1PM 28 min

Sondagoggend Erediens - Ds Dirk Meijer

PREDIKER 11 Werp jou brood op die water 1Werp jou brood op die water, eendag kry jy dit terug. 2Hou jou besittings op sewe, selfs ag plekke, want jy weet nie watter teëspoed oor die land kan kom nie. 3As die wolke vol water is, reën hulle leeg op die…
11 Oct 3AM 27 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

GENESIS 1 24Toe het God gesê: “Laat die aarde lewende wesens voortbring, elkeen na sy aard: mak diere, diere wat kruip, wilde diere, elkeen na sy aard.” So het dit gebeur. 25God het die wilde diere op die aarde gemaak, elkeen na sy aard; ook die mak diere, elkeen na…
10 Oct 2AM 19 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

GENESIS 1 God se skeppingswerk 1In die begin het God die hemel en die aarde geskep. 2Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. 3Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig…
9 Oct 2AM 9 min